Tuesday 25 March 2014

gebedsversoeke...

Hi julle!

Sien asb die onderstaande gebedsversoeke...  'n Vers vir inspirasie vir jou dag:  Matthew 6:8 "Do not be like them, for your Father knows what you need before you ask him."

blessings!

anel xx

Anoniem 1: 
My ouers woon in Wallis en is weg van hulle land en kinders.  My stiefpa is siek en het voltydse versorging nodig.   My ma het geweldige depressive asgevolg van hulle omstandighede en hulle is ook heel afgesonder op ‘n soort van ‘n eiland.  Hulle was verplig om daarheen te vlug nadat hulle van die plaas verjaag is in Zimbabwe.
 
Die staat het aanbeveel dat hulle na ‘n versorgingsoord toe gaan wat voltyds na hulle kan omsien.  Die probleem isegter dat daar is ‘n waglys en dit kan maande selfs ‘n jaar wees voordat hulle opgeneem kan word.
 
Ek vra dat daar asseblief gebid word dat daar binnekort ‘n opening kan kom sodat hulle opgeneem kan word. 

Anoniem 2:
 
Anel, ek die volgende gebedsversoek asb.
Ons Vader voorsien altyd. Hy is Groot en Hy is Magtig en ek loof hom, eer hom en alle aanbidding kom Hom toe wat meer kan doen as wat ons ooit kan vra. Ek sê sommer nou al dankie.
Ek is besig met voorbereiding vir my studies en vind dit moeilik om aan die begin te kom. Bid asb. vir krag en dat dit wat ek moet leer sal “stick” want ek vind dit moeilik om die goed te onthou.
En.. my man is ‘n boilermaker en het nou sy trade test geslaag en ons sê dankie vir die Here. My motor is stukkend, Dit reen in by een van ons kamers maar ons het nog dak oor ons kop so dankie aan die Here vir dit.
Ons sukkel so bietjie om deur die maand te kom so daar is nie extra geld om die goed reg te maak nie. My man soek na ander werk so ek vra asb. vir gebede.
 



Anoniem 3:
HI Anel
 Daar het sedert verlede Jaar al baie struikelblokke op my pad gekom en dit hou net nie op
Ek het wonderlike man ontmoet November 2012 en van die begin af was ons baie erg oor mekaar en is vandag baie Lief vir mekaar Hy het egter ‘n baie seerkry Lewe gehad deur dit wat sy gewese Vrou en Kinders  alles  aan Hom gedoen het dan wil ek nie eers noem hoe hulle Hom deurgebring het nie en  SY seuns doen vandag nog dieselfde  aan Hom dit is wreed en menslik  ondenkbaar Kan nie glo “n vrou en Haar kinders doen dit aan ‘n  Man en hul Pa
Anel ek vra dat julle Bid vir Ryno en daardie kinders se hande bind vir altyd sodat hierdie spel vandag moet eindig Die Ma is 7 Jaar gelede oorlde en steeds het HY haar tot aan die einde opgepas en versorg Hy het ook Hartaanval gehad Desember asb Bid dat die Liewie Heer Hom sal spaar en bewaar en dat HY net rustigheid Liefde en geluik sal ervaar  as daar een mens is wat dit verdien  dan is dit HY .Ek probeer help en ondersteun maar kan nie hul is net een te veel Ek vra elke dag vir Krag en wysheid maar hier is ‘n Hoër Hand nodig glo my dit is ongelooflik
ASB my Vriende ek vra Bid ernstig dat heirdie speletjie baie vinnige einde sal kry en alles maak dit soveel erger om te weet dit is Sy  eie kinders vir wie nog altyd net voor  goed was
Lief julle almal en Dankie jul beteken vir my oneibdig baie la ken ek julle nie op die Naam

No comments: