Monday 17 March 2014

“The tallest oak in the forest was once just a little nut that held its ground…” ~ Unknown

Haloes! J

“The tallest oak in the forest was once just a little nut that held its ground…” ~ Unknown

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

1 Corinthians 14:33

“For God is not the author of confusion but of peace ... “

“It is not our ability, but persistence that ultimately leads us to our greatest achievements…” ~ Apoorve Dubey

“Things work out best for those who make the best of how things work out…” ~ John Wooden

Hierdie aanhaling is vir my super cute J  The tallest oak in the forest was once just a little nut that held its ground…  Hierdie laat my aan myself dink toe ek in die Laerskool was…  Ek en een van my vriende het krieket telling gehou vir ons onder 13/A span.  Die ander span se tellinghouer het my aangevat aan die einde van die wedstryd oor ‘n paar lopies wat hy ekstra gehad het op sy “score card”.  Ek en my vriend het heeltyd met mekaar geverifieer, en ekt voor my siel geweet dat daar GEEN kans is dat ons verkeerd was nie…  Ekt soos ‘n bulldog op my punt gestaan en volgehou dat ons telling verseker reg was – wat reg is, is reg…  Die ander span se tellinghouer het later moed opgegee… 

Staan jy jou “ground”?  Met dit bedoel ek – staan jy vir dit waarin jy glo, of laat jy toe dat mense jou stoomroller met hulle idees en dit wat hulle glo?  Hiermee sê ek NIE dat ander mense en hulle idees nie ‘n kans gegee moet word nie – wat ek bedoel is of jy jou beginsels en dit waarin jy glo, so hoog ag, dat jy sal veg vir dit wat reg is?  Saam met hierdie wil ek vra of die boundaries wat balans in jou lewe toelaat – of jy dit duidelik uitgestippel het?  Ek het op ‘n keer ‘n preek gehoor waar die predikant gesê het – Christene laat baie keer toe dat mense misbruik maak van hulle goedheid…  Net omdat jy ‘n Christen is, beteken dit nie jy moet ‘n vloermat vir ander mense moet wees nie – dis nie wat God vir jou lewe wil hê nie…  Hy wil vir jou ‘n VOL lewe hê – dae wat gevul is met LEWE…  Dis nie verkeerd vir ‘n Christen om somtyds NEE te sê nie…  Moenie uitmis op spesiale tye saam met geliefdes, waar jy ewigheids memories kan maak om tyd te spandeer op dinge wat nie vir jou ENIGE ewigheidswaarde het nie…  God ken jou hart…  Jy moet jou lewe probeer lewe, dat wanneer jy aan die einde van jou lewe kom, jy met ‘n geruste hart kan sê – ek’t werklik GEEN REGRETS nie…  Ek weet om die boundaries in plek te sit, sal dalk moeilik wees vir sommige van ons (myself inkluis!)…  Maar wanneer jou lewe so uit balans raak wanneer jou tyd saam met God daaronder begin ly, is ‘n duidelike teken dat strenger “boundaries” in plek gesit moet word…  Mens besef nie – maar partykeer raak jy ‘n beter werker, deur ‘n blaaskans te neem…  Wanneer jy varser is, kry jy weer BAIE meer gedoen in ‘n baie korter tyd…  Wanneer jy tyd het vir rustig wees, tyd wat jy saam met God kan spandeer, saam met geliefdes, en vriende, laai dit weer jou battery, sodat jy voldoende energie sal hê, om jou dagtaak met ywer en vol energie uit te voer!  Sodat ons aan God eer kan bring, en sodat ons, VOL lewens kan lei, ten einde NO REGRETS te hê…  Sit vir God in Sy waardige plek – eerste in jou lewe…  Wanneer Hy EERSTE is, sal Hy sorg vir AL die ander dinge – die deurmekaargeit van jou lewe, die probleme of uitdagings waarmee jy daagliks gekonfronteer word, die hope werk wat net nie end kry nie en jou sukkelende verhoudings of familie lewe om weer in plek te val…  God is GROTER as ENIGE iets wat hierdie week oor jou pad mag kom…

Blessings!

Anel xx


 

No comments: