Sunday 16 March 2014

"Don't lose hope... When the sun goes down, the stars come out..." ~ Unknown


Haloes! J

"Don’t lose hope…  When the sun goes down, the stars come out…” ~ Unknown

Romans 8:39

“No power in the sky above or in the earth below—indeed, nothing in all creation will ever be able to separate us from the love of God that is revealed in Christ Jesus our Lord…”

Joel 3:10

“Let the weak say I am strong…”

“I may not have gone where I intended to go, but I think I have ended up where I needed to be…” ~ Douglas Adams

“Failure is a destination for those who give up and success, for those who keep trying…” ~ Apoorve Dubey

Een van my gunsteling dinge van die Kaap, is die pragtige berg, Tafelberg waarmee ons geseën is…  Volgens die New York Times was daar vir Kaapstad gestem as die gunsteling plek om te besoek gedurende 2014 – nommer 1 uit 52 ander plekke …  Iets wat NOG mooier is, is wanneer jy op Blouberg se strand, die son kan sien sak oor Tafelbaai…  Wanneer dit dan so skemer word en jy die sterre hulle opwagting sien maak, voel dit asof dit ‘n stukkie van die hemel moet wees…  Op die platteland – weg uit die stad, is dit vir my altyd AMAZING hoeveel helderder mens die sterre kan sien skyn…

Toe ek hieroor sit en dink het, het dit vir my soveel meer sin gemaak…  In die stad is ons geneig om baie gejaagd te lewe…  Jaag van die een “to do list” na die volgende, die een funksie of verpligting na die ander…  Staan op, begin met ons dagtaak, slaap partykeeer so laat as moontlik om net die ekstra stukkie slaap in te haal, ten einde meer energie te hê vir dit wat voorlê…  Waar wanneer jy op die platteland is, is die spoed van alles net bietjie stadiger…  Dae voel langer, mens het tyd vir jou medemens, tyd vir jou gesin en meer tyd vir God…  Soos wat jy meer sterre kan raaksien wanneer jy op die platteland is – weg van die gejaag en al die “bright city lights”, wil ek dus vergelyk met wanneer jy rustiger is, en uiteindelik meer kan “connect” met God…  Mens sien die sterre duideliker wanneer jy rustig is, genoeg tyd het en bietjie meer afgesonder is…  Wat ek eintlik wil skets aan jou, is wanneer jy jou stiltetyd hou – om werklik te kan connect met God, moet jy voldoende tyd uitsit – jy moet jouself afsonder sodat jy lekker kan gesels met God…  Van my lekkerste kuiers met vriende en vriendinne, is wanneer ons one on one kan sit en gesels en net bietjie “connect”…  Vergeet van alles wat nog gedoen moet word, vergeet van ‘n horlosie, vergeet van alles wat jou tyd opslurp, en fokus net op die hier en nou…  Ekt drie weke gelede gekuier by twee van my hartsvriende, en ek kon werklik voel hoe “re-charged” ek was na ‘n naweek in hulle geselskap…  Miskien is jy op moedverloor se vlakte vandag…  Miskien wil dinge net nie uitwerk soos wat jy gehoop het nie…  Miskien het daar dinge in jou lewe gebeur hierdie afgelope tyd, waarmee jy net nie lekker weet WAT om mee te doen…  Hoe verwerk jy dinge wat jou lewe uitmekaar geruk het?  Hoe gaan jy aan?  Al wat ek kan sê – maak tyd vir God…  Gaan sit vanoggend of vanaand by Sy voete, en gesels met God soos jy met jou beste vriend of vriendin sou gesels – Hy wil weet wat aangaan in jou lewe, en Hy sal sorg vir antwoorde op jou tientalle vrae waarmee jy worstel…  God het ‘n manier om ons te verras – om antwoorde te gee op die vrae waarmee ons worstel – partykeer op die awesomste maniere denkbaar!  Iemand het laas week toe ek in Cum was, vir my en my broer ‘n kaartjie met ‘n Bybelvers op gegee toe ons iets gekoop het…  My broer s’n het my so getref, die boodskappie was – NIKS is vir God onmoontlik nie (Lukas 1:37)…  So al voel dit vir jou of jy binne in ‘n storm vasgekeer is – weet vandag, NIKS is vir God onmoontlik nie…  Hy sal sorg...   

Blessings!

anelxx

No comments: