Thursday 27 March 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle!

Sien asb die gebedsversoeke en bid asb saam.  Ons dien 'n God wat spesialiseer in die onmoontlike!!

Luke 1:37 - For nothing is impossible with God...

Mag jou naweek AWESOME verby wees!

blessings!

anel xx


Anoniem 1:

Ek wil almal vra om saam met my te bid vir my skoonpa wat die week gediagnoseer is met ‘n baie aggressiewe, onbehandelbare kanker. Ek glo waar daar lewe is, is daar hoop en waar God is, is daar wonderwerke!

Anoniem 2:

Ek sukkel al jare met ‘n tipe van bipolêre depressie. Ek is ook op medikasie. Daar is tye wat ek uithak en die mense naby aan my (my kind, my ouers, my vriend) vloek en skel en lelike dinge toesnou op die ingewing van die oomblik. Dit is asof ek “snap”. Ek maak hulle bitterlik seer. Dit is egter nie my bedoeling nie, maar voel vreeslik sleg daarna en spyt kom altyd te laat. Ek is regtig in ‘n diep put hieroor. Ek weet NIKS is onmoontlik by Ons Hemelse Pappa nie. Ek wil so graag van hierdie lelike siekte volkome genees word, dat ek ‘n gelukkige lewe kan lei. Ek wil ook vra dat daar gebid word vir herstel en vergifnis van die mense naby my. Ek is desperaat…

No comments: