Thursday 27 March 2014

"By failing to prepare, you are preparing to fail..." ~ Benjamin Franklin


Haloes! J

“By failing to prepare, you are preparing to fail…” ~ Benjamin Franklin

John 14:27

“Peace I leave with you; my peace I give you. I do not give to you as the world gives. Do not let your hearts be troubled and do not be afraid…”

Joshua 1:7-9

“Only be strong and very courageous, being careful to do according to all the law that Moses my servant commanded you. Do not turn from it to the right hand or to the left, that you may have good success wherever you go. This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate on it day and night, so that you may be careful to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success. Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the LORD your God is with you wherever you go.”

“If you want to conquer fear, don't sit home and think about it. Go out and get busy…” ~ Dale Carnegie

“I'd rather attempt to do something great and fail than to attempt to do nothing and succeed…” ~ Robert H. Schuller

Ek onthou voor eksamens hoe ons altyd eksamen roosters uitgewerk het – deur jou werk so mooi in te deel, ten einde te verseker dat jy deur alles een keer kan wees voor die eksamens begin…  Dit gee mens partykeer net die gemoedsrus wat jy nodig het, om te kan weet dat daar genoeg tyd is om een keer deur al die werk te kom…  Ek probeer dieselfde toepas met my werk.  Wanneer daar groot deadlines is, probeer ek die dinge vir myself so prakties moontlik uitsit, sodat ek kan weet dat ek deur alles sal wees voordat my deadline toeslaan…  Wat partykeer net erg is, is wanneer jy begin agter raak op jou “deadlines” en dan nie seker is hoe jy gaan inhaal nie…  Dis nie altyd lekker om te beplan nie – maar dit gee mens die gemoedsrus wat jy nodig het en terselfdetyd bietjie jou stress te verminder…

Robert H Schuller en Dale Carnegie se quotes is vir my baie, baie cool!  Dis iets wat ons op ‘n daaglikse basis moet onthou…  Moenie dat vrees jou so lamlê, dat dit jou verhoed om dinge wat ‘n verskil kan maak aan te pak nie…  Fail eerder, en fail behoorlik deur GROOT dinge aan te pak – dinge wat jy nie jouself kan sien doen nie!  Mens sien eers tot wat jy in staat is, wanneer jy probeer…  Back jouself – want God back jou verseker!  Vrees is so ‘n klein woordjie, maar dis iets wat op grootskaal soveel impak in jou lewe kan hê…  Vrees vir die onbekende, vrees vir ons vermoëns, ons uithouvermoë en ons krag, kan ons laat “vries” sodat ons die dinge wat ons kan doen, selfs nie eens kan regkry nie…  Wanneer jy weer geface word met soveel dinge, dat jy nie weet WAAR jy moet tyd kry vir alles nie, neem ‘n oomblik, stel vir jou ‘n rooster op, en kry net bietjie perspektief…  Met elke situasie is daar 2 vrae wat jy jouself moet vra:  1.  IS daar iets wat ek daaraan kan doen om my te laat beter voel en gaan die wereld vergaan as dit nie op die oomblik hanteer word of uitgesorteer word nie?  2.  Indien die antwoord nee is, kan jy dit net in God se hande toevertrou…  God wil net goeie goed vir jou hê!  En Hy is 100 keer beter daarmee as wat ons is…  Hy het jare meer se ondervinding – en Hy kan dinge in plek laat val, sonder dat dit vir ons nodig is om enige slaap daaromtrent te verloor.  Gee dit in God se hande…  Hy sal sorg…

Blessings!

Anel xx

No comments: