Monday 3 March 2014

“Life might be tough, but I’ve got a God that is tougher…” ~ Unknown

Haloes! :)
 
“Life might be tough, but I’ve got a God that is tougher…” ~ Unknown
 
Jeremiah 17:7
 
“Blessed are those who hope in the Lord and have made the Lord their confidence…”
 
Romans 15:13
 
“May the God of hope fill you with all joy and peace as you trust in him, so that you may overflow with hope by the power of the Holy Spirit…”
 
“There is a difference between interest and commitment…  When you are interested in doing something, you do it only when it is convenient…  When you are committed to something you except no excuses, just results…” ~ Kenneth Blanchard
 
“Life is 10% what happens to you, and 90% how you respond to what happens to you…” ~ Unknown
 
 Die kwaliteit van swartsakke verskil somtyds baie!  Van die heel dunnes tot die heavy duties ;). Daar is seker niks erger as jy 'n paar dae se vullis in 'n baie dun swart sak het nie!!  Sommige van julle het dit seker ervaar wanneer jy dan daardie dun sak uit jou binne drom haal, die sak skeur en die vullis by die skeur ontsnap! Dit kan 'n groot gemors raak om dit dan by die buite drom te kry...  Kombuis vloer sal gevee en gemop moet word om die vullis op te ruim...
 
Ons verhouding met God kan ons deurtrek hiernatoe...  Wanneer ons ver van God af lewe is ons soos 'n dun swartsak...  Die lewe se uitdagings en moeilike tye kan ons makliker breek wanneer ons nie tyd vir God maak en bou aan ons verhouding met God nie...  Ons uithouvermoe en geduld kan makliker geknak word wanneer ons nie vir God ken in ons daaglikse lewe nie...  Wanneer Hy ons spaarwiel eerder as stuurwiel is, is wanneer ons verkeerde besluite neem (omdat ons gewoonlik nie bid vir Sy wil en Sy beste vir ons nie), wanneer die lewe ons sommer net onderkry en ons totaal en al van ons kragte getap is...  Wanneer ons tyd spandeer met God se woord, tyd spandeer om te bid en sommer net by God stil te raak, maak dit ons geestelik sterker, vul dit ons met nuwe krag en gee dit aan ons die uithouvermoe om te volhard wanneer dinge moeilik gaan...  Deur tyd met God te spandeer sal dit ook 'n "habit" raak om te bid sodra jy onseker is oor wat om te doen, eerder as om op mense se opinies te steun...  Ons is baie keer geneig om eerder mense se raad te vra as God s'n.  Ek glo dat Hy baie keer vir ons confirmation gee deur mense - maar eers wanneer ons eers by Hom gaan aanklop het vir raad...  Miskien voel jou lewe op die oomblik baie deurmekaar, en voel dit vir jou of jy "gemors" sien net waar jy kyk! Probeer om vir jou 'n habit te kweek om jou dag met God te begin...  Vat net 'n oomblik voordat die dag weer met jou weghardloop om by God stil te raak en te bou aan julle verhouding...  God sal aan jou wysheid gee vir die moeilike besluite, krag vir jou moegheid en JOY vir dit wat vir jou voorle!! Wees 'n "toughie black bag ;)"
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 
 
 

No comments: