Monday 24 March 2014

“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” ~ Aristotle


Haloes! J
 
“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” ~ Aristotle
 
Hebrews 13:8
 
“Jesus Christ is the same yesterday and today and forever.”
 
Psalm 18:2-3
 
“The Lord is my rock, my fortress and my deliverer; my God is my rock, in whom I take refuge,
my shield and the horn of my salvation, my stronghold. I called to the Lord, who is worthy of praise, and I have been saved from my enemies…”
 
“Always do your best. What you plant now, you will harvest later…” ~ Og Mandino
 
“You have to learn the rules of the game. And then you have to play better than anyone else…” ~ Albert Einstein
 
Ek weet nie wie van julle tans Survivor SA kyk nie?  Corne Krige is vir my die absolute voorbeeld van ‘n leier, motiveerder, “pa-figuur” maar ook vriend en konfidant…  Op sy stil en rustige manier is dit hoe hy ook sy spanlede motiveer…  Jy kan sommer ook aan sy spanlede sien, dat hulle iets van hom uitstraal in hoe hulle die game speel – die woord “integriteit” kom sommer by my op terwyl ek hier skryf…  Want soos julle wat die storie volg weet, is daar ander mense in wie se woordeskat die woord integriteit nie eens bestaan nie…  Albert Einstein het beslis nie bedoel dat jy die ‘game’ beter as iemand anders moet speel deur dit op ‘n oneerlike manier te doen nie!  Doen jou beste, op ‘n manier wat integriteit en eerlikheid weerspieel, met dit wat jy het, daar waar jy is…
 
God gee aan ons wat ons nodig het, wanneer ons dit nodig het…  Hy sal jou in geen situasie sit, sonder die nodige “tools” wat jy nodig het om ‘n sukses van die situasie te kan maak nie…  Wat jy saai sal jy maai…  Ek glo dit werklik…  Mense wat op ‘n oneerlike manier probeer “voor kom” in die lewe, sal dit dalk vir ‘n rukkie regkry, maar reg en geregtigheid geskiet ALTYD op die einde…  Slim sal sy baas vang, en die persoon sal ontvang DIT wat hy of sy gesaai het… Mens moet soos ‘n goeie skaakspeler leer, HOE jy ‘n game kan wen deur die reels toe te pas…  Miskien is jy tans in ‘n situasie waar jy voel of jy onregverdig behandel is…  Miskien het iemand jou te-nagekom, of totaal en al misbruik gemaak van jou…  Miskien tel jy nog die stukke op in jou lewe, as gevolg van die manier hoe iemand anders sy of haar lewe leef…  Miskien is jy moeg daarvoor om heeltyd te moet veg vir alles en weet jy op hierdie stadium van die geveg nie meer watter kant toe nie…  Miskien is jy moeg daarvoor om te verloor as gevolg van die feit dat jy met integriteit en eerlikheid handel…  God ken jou handel en jou wandel…  HY weet wie en wat jy is – selfs daar waar niemand jou kan sien nie…  En die wiel sal draai…  Byt vas om te leef soos slegs ‘n kind van God kan…  HY sal sorg dat dit wat jy saai, sal dit wees wat jy maai…  God hou daagliks oor jou die wag, en HY luister wanneer jy Hom aanroep…  Hy sal antwoord, en Hy sal voorsien – al lyk dit ook HOE onmoontlik…  Ons dien ‘n God wat DAAGLIKS nog wonderwerke verrig…  Toe Josef se broers hom in die put gegooi het en verkoop het, kon God hom laat sterf het…  Maar daardie gebeure was deel van God se groter plan om uiteindelik vir Josef Koning van die hele Egipte te maak…  Dat sy broers later aan hom onderdanig moes wees ten einde kos te kon koop vir hulle familie wat bitter swaar gekry het gedurende die hongersnood…  Die wiel draai – soos Gary Kieswetter al gesê het - God gaan jou “verleentheid” in ‘n geleentheid omskep - wag net geduldig vir God se tyd…
 
Blessings!
 
Anel xx
 

No comments: