Haloes! J
“At my lowest, God is my hope… At my darkest, God is my light… At my weakest: God is my strength… At my saddest: God is my comforter…” ~ Unknown
Isaiah 40:31
“but they who wait
for the LORD shall renew their strength;
they shall mount up with wings like eagles; they shall run and
not be weary; they shall walk and not faint…”
1 Corinthians 13:4-7
“Love is patient,
love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It does not
dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no
record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth. It always protects, always trusts, always hopes,
always perseveres…”
“When you feel like
quitting, think about why you started…” ~ Unknown
“It’s what you will
do in the present that will redeem the past and thereby change the future…” ~
Paulo Coelho (Aleph)
“Wolf, wolf hoe laat is dit?” Wie van julle onthou
daardie speletjie?? Vir die vir wat dit
net ‘n herinnering is, laat ek gou jou memory refresh J Een persoon word gewoonlik as wolf aangestel,
wat voor ‘n groep kinders uitstap… Die
kinders volg dan vir wolf, en roep elke paar sekondes uit – “wolf, wolf hoe
laat is dit?” Wolf sal dan antwoord,
1uur… Later 2 uur… En dan soos wat die kinders hul “guard” laat
afgaan, nader en nader aan wolf begin stap, sal hy op ‘n kol uitroep –
“etenstyd!!!” Wanneer etenstyd uitgeroep
word, is dit gewoonlik ‘n groot gegil onder die kinders, en almal hardloop in
verskillende windrigtings in, want as wolf sê dat dit etenstyd is, beteken dit
dat een van die kinders sy prooi sal word, wat dan “opgeëet” sal word… As wolf jou vang, is dit “game over” vir jou
en moet jy dan uitsit vir die res van die speletjie…
Wat het hierdie storie met die lewe te doen, wonder baie
van julle dalk… Ons is geneig om baie
keer, wanneer dit goed gaan in ons lewens, ons guard so te laat afgaan, dat ons
al hoe verder weg van God af begin leef…
Ons raak moeg, veral wanneer ons dae oorvol is, gevul met honderde
dinge, en dan staan God partykeer heel laaste in die ry vir ons tyd en aandag… En wanneer ons dan in “wolf se kloue” (ook
beter bekend as die lewe met sy tientalle uitdagings), land – kom God gewoonlik
tot ons redding, deur SELF, namens ons vir “wolf” te veg… Miskien voel dit vir jou asof AL wat jy
deesdae doen, is om vir wolf te probeer uitoorlê… Miskien is jy SO moeg en voel dit vir jou of
ons nou al by Desember behoort te trek, alhoewel ons nou eers in Maart is J Iets wat belangrik is om te onthou – iets wat
opnuut aan my bevestig is met die aanhaling hierbo, is dat maak nie saak hoe
hard jy val nie – God is steeds jou hoop…
Wanneer jy jou donkerste tyd beleef, sal God jou lig bly… Wanneer jy op jou swakste is – met min krag –
sal God jou krag wees… En wanneer jy
harsteer is, sal God jou trane vir jou afdroog…
God is ALTYD by jou – in jou donkerste dag, of in jou langste nag – God
het jou lief, maak nie saak wat nie!!
Liefde soos wat in 1 Korintiërs 13 hierbo beskryf word, is dit wat God,
elke oomblik van elke dag vir jou voel!!
Hy sal jou dra, daar waar jy nie verder kan nie…
Blessings!
Anel xx