Thursday 1 August 2013

“It's not enough to have lived. We should be determined to live for something. May I suggest that it be creating joy for others, sharing what we have for the betterment of personkind, bringing hope to the lost and love to the lonely.” ― Leo Buscaglia

Haloes! J

“It's not enough to have lived.  We should be determined to live for something. May I suggest that it be creating joy for others, sharing what we have for the betterment of personkind, bringing hope to the lost and love to the lonely.” ― Leo Buscaglia

Ecclesiastes 4:9-10,12

"Two are better than one, because they have a good reward for their labour... For if they fall, one will lift up his companion... Though one may be overpowered by another, two can withstand him. And a threefold cord, is not quickly broken..."

Galatians 6:2

"Share each others burdens and in this way obey the law of Christ..."

The best way to cheer yourself up is to try to cheer somebody else up… - Mark Twain

“The best way to not feel hopeless is to get up and do something. Don’t wait for good things to happen to you. If you go out and make some good things happen, you will fill the world with hope, you will fill yourself with hope...” ― Barack Obama

Daar is twee tipes mense…  Die wat dit geniet om in ‘n span te werk, en die wat dit meer geniet om iets individueel aan te pak…  Ek het vir twee jaar netbal in die Laerskool gespeel (net 2 jaar, omdat ek besef het ek te kort is, en het toe die netbal vir ‘n hokkie-stok verruil)…  Wat vir my ongelooflik frustrerend in Netbal was, is dat die span so hard kon speel, so hard kon oefen, maar as die “Doel” nie haar doele geoefen het nie – kan die res van die span se harde werk – alles vir niks wees…  Dis eintlik bitter onregverdig, want 6 mense se harde werk, kan deur een persoon ongedaan gemaak word…  Ons as Christene, is almal saam in God se span…  Dit beteken dat jy instant boeties en sussies het!  Miskien het jy gedink dat jy alleen in hierdie wêreld is, maar ek’t ‘n ander woord vir jou vandag – jy is nie!  Ons talente wat aan ons gegee is, is daar om ons te equip vir die werk wat God vir ons uitgesit het om te doen...  Dis hoekom almal nie dieselfde sterk en swakpunte het nie - sodat ons mekaar kan bystaan en aanvul...

My ma het toe ons klein was die mooiste beeld gebruik van “saamstaan”, mekaar help en daar wees vir mekaar…  Dink gou aan ‘n vuurhoutjie – as ‘n vuurhoutjie op sy eie is en jy probeer hom breek, gaan hy baie maklik "snap"…  Maar wanneer jy twee of meer vuurhoutjies neem, gaan dit baie moeiliker wees om hom te laat “snap”…  Dis dieselfde met ons…  Wanneer ons saam met mekaar bid, daar is vir mekaar – of dit nou is om te luister as iemand nodig het om te praat, om vir iemand koffie te maak, ‘n boodskappie te stuur, of sommer net te ondersteun – werk God se krag sommer ekstra (voel dit vir my)…  In Sy woord sê Hy nie verniet nie – Matthew 18:20 – “For where two or three gather in my name, there am I with them…”  Ecclesiastes 4:9-10 and 12 hierbo is net so ‘n confirmation…  Twee vaar beter as een…  As die een val, kan die ander een hom ophelp…  Miskien voel jy gebreek vandag soos jy hierdie lees…  Miskien het jy nie meer krag om die dag te pak, of die uitdagings wat oor jou pad kom alleen te face nie…  Miskien is jy moeg van sukkel, moeg van probeer sonder om resultate te sien…  Ek wil jou uitdaag vandag – gee al hierdie dinge waarmee jy worstel, al die uitdagings wat op jou pad is oor aan God…  My boetie het ‘n fliek gekyk – “Letters to God…”  In die fliek verduidelik dit dat jy vir jou ‘n boks moet kry waarin jy briefies vir God skryf met jou gebede / bekommernisse…  Wanneer jy dan die briefie in die boks sit, skryf die datum daarop, en onderteken dit - dat jy dit oorgee aan God - want dan is die bekommernis WEG van jou af…  Jy moet dan ophou worry daaroor, want jy’t dit aan God toevertrou en daarmee saam uit jou hande, in Syne gesit…  My boetie het getuig dat hy dit begin doen het – en dan wanneer hy na 3 maande weer kyk in die boks, is dit amazing om te sien hoe God die gebede beantwoord het…  Dit wat nie beantwoord is nie, kon hy weer sien dat daar ‘n doel was met dit…  Die waar hy nog geen antwoord gehad het nie –sit hy dan terug in die boks…  Miskien as jy dalk deur ‘n seisoen gaan waar jy sukkel om te bid, is dit iets wat jy moet probeer…  Gee dit vir Jesus…  Hy sal die regte boeties en sussies in Christus oor jou pad stuur om saam met jou te bid, en jou laste te help dra…  Mag God jou uit jou sokkies bless vandag!

Blessings!

Anelli**

No comments: