Wednesday 21 August 2013

"Worry can do a lot of things TO you… Prayer can do a lot of things FOR you…” ~ Unknown

Haloes! J

"Worry can do a lot of things TO you…  Prayer can do a lot of things FOR you…”  ~ Unknown

Psalm 146:5-6

“Joyful are those who have the God of Israel as their helper, whose hope is in the Lord their God…  He made heaven and earth, the sea and everything in them…  He keeps every promise forever…”

Psalm 16:11

“You have made known to me the path of life…  You fill me with joy in Your presence, with eternal pleasures at your right hand…”

“Joy is the experience of knowing that you are unconditionally loved…”  ~ Henri Nouwen

"Only those who see the invisible can attempt the impossible." ~ Dick Eastman

Is jy innerlik gelukkig?  Of is die lewe besig om met al sy bekommernisse, seer, harsteer, pyn en siekte besig om jou JOY te steel?  Wanneer mens negatief ingestel is op alles wat met jou gebeur, is innerlike geluk definitief iets wat heel agter in die ry staan…  Ek weet nie of van julle kan onthou nie, maar ek’t ‘n paar jaar gelede ‘n reeks gedoen in my gedagteki rakende die vrug van die Gees…  In Galatians 5:22-23 staan die volgende:  “But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, forbearance, kindness, goodness, faithfulness, gentleness and self-control. Against such things there is no law…”  Hierdie is eienskappe wat vir my en jou (as kind van God) moet onderskei van die samelewing…  Ek’t hierdie week met ‘n vriendin gesels wat vir my vertel het van ‘n kursus wat sy loop by die kerk…  Die Pastoor van Parow Aanbiddingsentrum het die volgende beeld gebruik, en dit was vir my absoluut WAY te awesome, om nie met julle te deel nie…  Verbeel jou gou die volgende:  Jy staan in die middel van ‘n sirkel, en jy is omring met mense…  Elkeen van hierdie mense verteenwoordig een van die vrugte van die Gees…  Daar is  liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid en getrouheid…  Die mense vorm die sirkel só rondom jou, dat jy nie buite die sirkel kan sien nie (dis soos ‘n beskermlaag teen die wêreld)… 

Stel jou nou die volgende voor…  Liefde het jou so teleurgestel, dat jy dit heeltemal uit jou lewe uitskuif…  Die persoon wat liefde verteenwoordig in die sirkel verdwyn dus…  Wat is die gevolg?  Daar sit ‘n “gat” in die sirkel rondom jou en onmiddellik is daar vatplek vir die duiwel…  Hy kan aan jou die grootste klomp leuens kom vertel ten opsigte van liefde, en omdat dit nie “iets” is wat jy in jou lewe lééf nie, sal dit moeilik wees om te onderskei tussen leuens van die wêreld, en die waarheid (wat ons in God se woord kry)…  Dieselfde is waar vir al die ander Vrugte van die Gees…   Ons leef in ‘n wêreld waar pyn, hartseer, siekte, finansiële probleme, somtyds liefdeloosheid tussen medemense, gebroke verhoudings ens aan die orde van die dag is…  Hoe ons egter hanteer wat met ons gebeur, is wat die verskil in hierdie wêreld gaan maak…  Ek weet dat die laaste ding wat ‘n mens wil hoor wanneer jy teleurstelling beleef, of wanneer goed anders uitwerk as wat jy gehoop het – is dat daar ‘n doel met dit is…  Maar ons as Christene, kan VASHOU daaraan, dat NIKS, maar NIKS in jou lewe sal gebeur, sonder dat God ‘n groter plan vir jou lewe daarmee het nie…  99% van die tyd gaan ons dit nie verstaan nie (ongelukkig nie J) – maar na ‘n verloop van tyd behoort jy te sien hoe die dinge in plek val.  My ma sê altyd – wanneer daar iets met jou gebeur wat jou vul met bekommernis, is daar een van twee goed wat jy moet doen – 1. Vra jouself af – is daar iets wat ek hieromtrent kan doen?  En 2. Indien daar niks is wat jy kan doen nie – hou op worry daaroor en sit dit in God se hande!  Hy is beter met die onmoontlike as ons J  Mag God jou seën vandag…

Blessings!

Anelli**

No comments: