Wednesday 28 August 2013

bid asseblief saam!

Hi julle!

Nog 'n gebedsversoek wat ek vandag ontvang het, en wat ek graag wil vra dat julle saam met my sal opdra is die volgende:

My man en seuntjie (8jr) vertrek Donderdag na Johannesburg en gaan daar wag vir ‘n lewer- en nier skenker wat dan oorgeplant gaan word in my seuntjie.  Ek vra dat God my man bewaar en veilig in JHB bring en dat die skenking gou sal gebeur en dat God my seuntjie sal genees en hy sy lewe ten volle kan lewe.

Ons bid dat die skenker lewer en nier 100% sal vat en werk en die siekte wat my kind het, hok geslaan sal wees met die 2 nuwe organe.

Ons bid vir God se wonderbaarlike werking - sodat hierdie gesin GROOT seen uit 'n wonderwerk sal kan ontvang...
 
baie dankie :)
 
blessings!
 
anelli** 

 

No comments: