Wednesday 31 July 2013

“Don’t be so quick to claim your limitations when you’ve never truly tested them.” – Kevin Ngo

Haloes! J

“Don’t be so quick to claim your limitations when you’ve never truly tested them.” – Kevin Ngo

Exodus 33:14

"My presence will go with you and give you rest..."

Isaiah 40:31

"Those who wait on the Lord will renew their strength... They shall mount up with wings like eagles, they shall run and not be weary, they shall walk and not be faint..."

“One of the most tragic things I know about human nature is that all of us tend to put off living. We are all dreaming of some magical rose garden over the horizon instead of enjoying the roses blooming outside our windows today.” - Dale Carnegie

“To accomplish great things we must not only act, but also dream, not only plan, but also believe.”- Anatole France

“Kan nie is lankal dood van kruiwa stoot…” en “Probeer is die beste geweer…”  Onthou jy daardie gesegdes??  Ek onthou toe ek klein was, was dit een van die eerste lesse wat my ma my geleer het…  As jy probeer, het jy ‘n KANS op sukses…   Ek weet nie wie van julle hou van visvang nie?  Die enigste moontlike manier om ‘n vis te kan vang, sal wees om ‘n lyn met aas aan in die water te hê…  Die feit dat jy ‘n visstok het, gaan niks help as jy dit nie in die water sit nie…  ‘n Baba is vir my ‘n baie goeie voorbeeld van hierdie aanhaling van Kevin Ngo…  ‘n Baba leer om te praat, kruip en loop, soos wat die tyd aangaan…  Daar is geen limiete wat in sy verwysingsraamwerk is, van dat hy dit moontlik nie gaan kan doen nie…  Dis net iets wat moet gebeur, en deur God se genade, leer ‘n baba om te kan praat en te kan kruip, staan en loop…  Toe ek verlede jaar my enkel gebreuk het, was ek vir amper 12 weke op krukke…  Ek mag glad nie my een voet gebruik het nie…  Toe ek deur die physio aangesê is om weer druk op die voet te begin sit, en stelselmatig die krukke weg te gooi, was dit vir my regtig moeilik om weer te leer loop…  My denke en hoe ek my ingestel het my gehelp om sommer vinnig weer op die been te wees…   

Ek het ‘n “preaching” van Eric Thomas geluister waarin hy sê – “If you want to succeed, as badly as you want to breathe, then you will be successful…”  Die wil om suksesvol te wees, moet so groot word, dat die woord “limiete” nie eens in jou woordeskat bestaan nie…  As jy moet kyk waar jy was toe jy ‘n baba was, en waar jy jouself tans bevind – alles wat jy al bereik het en die mens wat jy is, is as gevolg van die feit dat jy jouself toegelaat het om te groei…  Deur dinge te ervaar, uitdagings baas te raak, lief te hê, seer te kry, hard te werk, dalk lewensveranderende omstandighede deurgemaak – al hierdie dinge het gebou aan jou om die mens te raak wat God jou bestem het om te wees…  Moenie bang wees vir verandering, of om nuwe dinge te ervaar nie…  Moenie vaskyk aan limiete wat jy op jouself gestel het nie…  Verbreed jou horisonne deur te probeer…  As iemand jou dalk vra om ‘n koek te bak – en jy’t geen idee om dit te doen nie – vra jouself af – wat kan ek doen om hierdie reg te kry?  Ek kan ‘n resep gaan soek, en PROBEER…  Of iemand vra om my te help...  God is ook met jou – met elke liewe iets wat jy aanpak…  EN Hy ken GEEN limiete nie…  HY is in staat om soveel meer te doen as wat jy kan hoop of dink…  Jesus het op die 3e dag opgestaan uit die DOOD uit – daar is werklik NIKS wat vir Hom onmoontlik is nie…

Blessings!
 
anel*

 

No comments: