Monday 12 August 2013

“It does not matter how slowly you go as long as you do not stop.” ― Confucius

Haloes! J

“It does not matter how slowly you go as long as you do not stop.” ― Confucius

Mark 11:22-23

“Have faith in God, ‘Jesus answered’…  I tell you, if anyone says to this mountain, go throw yourself into the sea and does not doubt in his heart but believe that what he says will happen, it will be done for him…”

2 Chronicles 20:20

“Believe in the Lord your God and you will be able to stand firm…  Believe in His prophets and you will succeed…”

“It always seems impossible until it's done.” ― Nelson Mandela

“I have walked that long road to freedom. I have tried not to falter; I have made missteps along the way. But I have discovered the secret that after climbing a great hill, one only finds that there are many more hills to climb. I have taken a moment here to rest, to steal a view of the glorious vista that surrounds me, to look back on the distance I have come. But I can only rest for a moment, for with freedom come responsibilities, and I dare not linger, for my long walk is not ended.” ― Nelson Mandela

Nelson Mandela is iemand wat geliefd is deur die meerderheid Suid-Afrikaners…  Toe hy in die hospitaal opgeneem is, het een van my vriende op Facebook die volgende aanhaling opgesit:  “Dit voel soos ‘n familielid wat in die hospitaal opgeneem is, en elke keer wat ‘n boodskap of nuusflits deurkom, voel dit vir jou asof jou hart wil gaan staan, want dit laat jou dink – nou is dit sulke tyd…”  Nelson Mandela is vir ieder en elk van ons ‘n voorbeeld van wat dit is om aan te hou, selfs al is die “odds” totaal en al teen jou…  As jy vandag moes wees waar hy was – in ‘n tronk gegooi vir dit waarin jy geglo het – en tog nie toe te laat dat dit jou ontmoedig nie, maar om steeds te baklei vir wat jy glo reg is…  Ek dink dit moes ongelooflik moeilik gewees het…  Ek dink dat daar dae was wat hy moes voel – dis makliker om op te gee, en net my lewe te leef…  Tog, het hy elke liewe berg wat hy moes klim, gedoen met volharding, en ek glo dat God hom gehelp het met elke liewe uitdaging wat oor sy pad gekom het… 

Ek het seker al voorheen hierdie geskryf, maar my pa sê altyd – wanneer jy besig is om ‘n berg uit te stap – moenie na die kruin van die berg kyk nie, want dit sal jou ontmoedig vir die stuk wat nog voorlê…  Kyk net na die klippie voor jou in die pad, tel hom op, en stap om dit…  Hou jou oog op die pad wat jy tans stap, en kyk op na Jesus…  Hy sal jou lei, en vir jou die pad wys wat jy moet stap…  Wees voortdurend in gesprek met God, sodat Hy in jou stiltetyd, vir jou kan vul met wysheid en krag wat jy nodig het om die opdraende van die lewe aan te pak…  Ek glo dat God drome in ons harte sit, wat partykeer groter lyk as enige iets wat ons al aangepak of vermag het…  Ek glo baie keer dat Hy dit in ons hart sit, dat ons na Hom moet kyk vir krag om dit aan te pak, en nie na ons beperkte krag of beperkte vermoëns nie…  Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg, en ek glo dat God jou in een stuk anderkant sal uitkry…  Al wat jy moet doen, is om te vertrou op God, moenie vaskyk in die berg voor jou nie – dink aan die uitsig wat wag op jou wanneer jy die kruin van die berg sal bereik!  God SAL sorg!!


Blessings! 

Anel**

No comments: