Monday 5 August 2013

“Interruptions are God’s unexpected opportunities…” ~ Unknown


Haloes! J

“Interruptions are God’s unexpected opportunities…” ~ Unknown

Psalm 62:1-2

“My soul finds rest in Him alone, my salvation comes from Him…  He alone is my rock and my salvation; He is my fortress, I will never be shaken…”

2 Timothy 1:7

“God gave us a spirit, not of fear, but of power and self-control…”

“When we hear someone say ‘NO’, it just means it’s not time yet…  Each and every ‘NO’ is a test of our faith…  Stay strong, and hold on a little bit longer…” ~ Karen Kostyla

“Faith expects from God what is beyond expectation…” ~ Andrew Murray

Ek onthou toe ek klein was en ons met vakansie gegaan het, was die afwagting oftewel “uitsien”, deel van die lekker van vakansie hou…  Daar was vir my niks lekkerder as om die aand voor die tyd al te sien hoe alles in die motor gepak word, en hoe ons dan dou voor dag in die pad val om ons eindbestemming bietjie vroeër te bereik, aangesien ons dan ‘n vet stuk verkeer kon uitsny…  Ek onthou egter een jaar, was daar verskriklik baie padwerke, en elke paar kilometers moes ons eers weer stilhou en wag, totdat die aankomende verkeer se beurt klaar was…  Daar is seker niks meer frustrerend as dit nie!  Net wanneer jy dink die pad is oop voor jou, spring daar weer ‘n “onderbreking” voor jou in, net om te veroorsaak dat die tyd NOG langer vat, en dat die reistyd outmaties langer gemaak word…  Wat sal egter gebeur as een pad toe is, en daar geen aanwysings - “RY / STOP” of geen mense met vlae is wat die pad aanwys nie?  Die motors sal inmekaar vasry  en daar sal absolute chaos heers indien die verkeer 1 for 1 moet ry…  Die uiteinde is steeds dieselfde - lekker vakansie en veilig by jou bestemming - die reis daarheen is al wat bietjie langer geneem het...

Ons lewens is dieselfde soos hierdie… Ons kan die grootste drome, ideale, of doelwitte hê…  Dit kan dalk vir ons voel of ons op die snelweg ry, en dat ons maar “vet” kan gee…  Maar dan, uit die niet uit, is daar padwerke, of ongelukke wat veroorsaak dat ons op een plek gestrand bly…  Wat ook kan gebeur, is dat ons dan alternatiewe roetes moet neem om by ons bestemmings uit te kom…  Roetes waarmee ons nie vertroud is of waarop ons glad nie “gebargain” het nie…  Ons kan partykeer so beplan aan ons lewe, wat ons wil hê, waar ons wil wees, saam met wie ons wil wees, dat ons in die proses vergeet om te lewe…  Of die “curveballs” van die lewe wat na ons kant toe gegooi word, ontsenu ons partykeer so, dat ons voel of ons op een plek bly, al gee ons petrol dat dit bars…  Miskien is jy omgeboul deur die roete wat jou lewe op die oomblik ingeslaan het…  Miskien was dit glad nie deel van jou beplanning nie, en miskien weet jy nie lekker om te hanteer wat op die oomblik aan die gebeur is nie…  God is groter as jou omstandighede…  Hy is jou ROTS – en as jou voete in Hom geanker is, sal jy nie kan val nie…  Partykeer word mens langer gestrand op ‘n sekere plek, ten einde hartseer, pyn of ongelukkigheid gespaar te word…  Partykeer is hierdie stilstaande tye, tye om ons verhouding met God weer te versterk, om die kommunikasielyne oop te maak, en ons te vorm…  Moenie ontmoedig word met alternatiewe roetes, of die antwoord NEE nie…  Dit beteken maar net dat dit wat God vir jou het, nog werk in proses is, en dat dit nog nie tyd is vir jou om die eindproduk te ontvang nie…  Jesus stap saam met jou in hierdie “roadworks” tye…  Hy sal jou deurdra = daar waar jy nie meer kan nie… Vertrou Hom – Hy is die beste ontwerper, of beplanner in die Heelal, en die uitdagings wat jy tans in die oë staar sal jou nie breek nie, want Sy krag, is tot jou beskikking…  God sal sorg…

Blessings!
 
Anelli**

 

 

 

 

 

 

 

 

No comments: