Haloes! J
“Faith
is not believing God can, but that God will…”
~ Anonymous
Romans 15:13
“May the
God of hope fill you with all joy & peace of believing, so that by the
power of the Holy Spirit, you may abound in hope…”
Hebrews 10:23
“Let us
hold fast the confession of our hope without wavering, for He who promised is
faithful…”
“God is more anxious to bestow His
blessings on us, than we are to receive them…”
~ Augustine of Hippo
“FAITH – it does not make things easy,
it makes it possible…” ~ Luke 1:37
Miskien
voel jy alreeds of jy die jaar wil "rewind" en voor begin... 7 Maande
is al iets van die verlede!! Hierdie "rewind" of "oorbegin
gevoel kan wees vanweë die feit dat die jaar te vinnig onder jou uit hardloop,
of miskien omdat jy alreeds teleurstellings ervaar het, ten opsigte van
doelwitte wat jy gehad het. Miskien het sameloop van omstandighede jou net
teleurgestel en wens jy, jy kon net 'n skoon blaadjie hê en weer probeer om jou
doelwitte te bereik; of sommige situasies net op 'n ander manier benader en
hanteer... Die liedjie - "if I could turn back time" het by my
opgekom toe ek hierdie geskryf het :)
Soos wat die
son elke oggend opkom, so is God se genade ook elke dag nuut... Ons het elke
dag 'n splinternuwe blaadjie in ons lewensboek, en deur God se genade, kan ons
ELKE dag oorbegin... Ons hoef nie te wag vir die einde van die jaar om 'n
"skoon begin" te kry nie... Ons hoef ook nie die tyd om te wens
nie... Ons kan net bid, en vir God vra om ons ingesteldheid saam met ons
gedagtes te vernuwe... Dat die begin van 'n nuwe dag, vir ons soos die begin
van 'n nuwe jaar sal wees... Dat ons met afwagting sal uitsien na die daaglikse
uitdagings, asook ons drome en doelwitte en dat ons vuur en vlam sal wees om
uitdagings, doelwitte of situasies wat anders uitgedraai het as wat ons wou,
aan te pak... God kan daai "gevoel" vir jou daagliks voorsien... As
jy spesiale tyd saam met Hom spandeer, en bid, sal Hy sorg...
Geen berg
sal te hoog wees, en geen dag te sleg wees vir jou om jou beste te gee nie...
Bid dat God vir jou sal dankbaarheid gee vir die jaar sover, en afwagting vir
dit wat nog kom... Maak jou bucket list (lysie van goed wat jy vir die res van
die jaar wil doen of bereik) sommer vandag... Pas die oue aan, of skryf sommer
'n nuwe ene... Net omdat dit al Augustus is, beteken nie jy moet ophou droom,
of reeds die jaar "afskryf" as 'n slegte jaar, omdat 'n paar dinge
nog nie uitgewerk het nie... Vir daardie "slegte" goed, is daar ook
'n rede, en God het 'n plan daarmee... Sien dit net as 'n klippie in jou pad -
wat nie jou visie vir die res van die jaar gaan opvoeter nie... GENIET vandag
:)
blessings!
anelli**
No comments:
Post a Comment