Tuesday 6 August 2013

Faith is not knowing what the future holds, but knowing who holds the future…” ~ Unknown

Haloes! J

“Faith is not knowing what the future holds, but knowing who holds the future…” ~ Unknown

Psalm 9:10

“Those who know Your name put their trust in you…  For you, o Lord, have not forsaken those who seek you…”

John 14:27

“I am leaving you with a gift – peace of mind and heart…  And the peace I give is a gift the world cannot give…  So do not be troubled or afraid…”

“I will not forget the benefits of knowing God: Unconditional love… forgiveness of sins… Eternal salvation…  A second chance… Peace beyond understanding…  Truth that sets me free… Protection of the evil one… My daily bread…  The joy of the Lord and so much more…”  ~ Karla Dornacher

“All God’s giants have been weak men who did great things for God, because they believed that God would be with them…”  ~ Hudson Taylor

Ek het 'n storie gekyk (Hart of Dixie) van 'n paartjie, waar die meisie wil hê dat die ou moet meer vir homself uit die lewe wil hê... Omdat sy weet dat hy net die beste in hierdie lewe verdien en tot soveel meer in staat is, as waarvoor hy homself krediet gee... Hy het probeer om meer uit dielewe vir homself te kry, maar om die meisie se onthalwe... Dis nie iets wat hy vir homself wou doen nie, maar eerder om hulle verhouding 'n beter kans op sukses te gee... Dit het my opnuut laat besef - om die beste uit die lewe te kry, is om die beste vir JOUSELF te wil hê... Nie om jou lewe te leef om ander mense te "please" of aan hulle verwagtinge te voldoen nie... Ook nie om jou lewe te probeer leef deur ander mense se lewens, drome en ambisies vir jouself op te neem nie...  'n Ander ou se lewe sal ALTYD vir jou lyk of dit lekkerder is as jou eie... Dit lyk altyd of daar nie soveel klippies en berge in ander se lewens is soos wat jy in jou eie lewe ondervind nie... God wil aan jou die LEWE gee, en dit in oorvloed!

Dis hoekom Hy die grootste liefdesdaad gedoen het, deur Sy seun vir ons sondes te laat sterwe... Hy wil vir jou die beste in die lewe hê, maar vir jou om die beste dinge in die lewe te geniet, en te bereik, moet jy dit vir jouself wil hê! Jy moet bereid wees om te veg vir dit waarin jy glo, om op te staan vir jou waardes, en partykeer maar teen die stroom te swem. Jy moet jou drome najaag met alles wat in jou is... Jy moet uit jou 99 keer wat jy val, 100 keer opstaan en sodoende jou lewe met VOLHARDING en deursettingsvermoë aanpak... Jy moet elke dag een iets probeer doen wat jou bangmaak... Moenie bang wees om voluit te lewe nie... Moenie 'n toeskouer van jou lewe wees nie... Ek belowe jou dat Chad Le Clos, voor sy swem teen Michael Phelps in die Olimpiese Spele laas jaar, een of ander tyd moes dink – hier is absoluut geen kans dat ek hom sal kan wen nie…  Sy reputasie loop hom vooruit – almal WEET dat Michael Phelps een van die beste swemmers in die wêreld is… En ek glo, omdat Chad in homself geglo het, en nie homself blindgestaar het teen sy oposisie nie, en aangehou veg het tot die laaste sekonde,  het hy gedoen wat almal gedink het onmoontlik was!  Jy moet in jouself glo en jouself “back”…  Jesus “back” jou en Hy het jou oneindig lief!  Moenie moeg raak om te baklei vir dit waarin jy glo nie…  Jou deurbraak is nader as wat jy dink!

blessings!

anelli**

No comments: