Wednesday 14 August 2013

“The man who moves a mountain begins by carrying away small stones.” ― Confucius

Haloes! J

“The man who moves a mountain begins by carrying away small stones.” ― Confucius

Psalm 22:10

“When I left the womb, You cradled me…  Since the moment of birth, you’ve been my God…”

Hebrews 10:36

“You need to persevere so that when you have done the will of God, you will receive what He has promised…”

“Every strike brings me closer to the next home run.” ― Babe Ruth

“The difference between a successful person and others is not a lack of strength, not a lack of knowledge, but rather a lack in will.” ―Vince Lombardi Jr.

“Success is a little like wrestling a gorilla. You don't quit when you're tired. You quit when the gorilla is tired.” ― Robert Strauss

Hoe bou jy ‘n huis?  Dis nie iets wat jy sommer net jou vingers klap, en siedaar – daar staan jou droomhuisie nie…  Nee, dit verg tyd, baie beplanning, voldoende fondse, baie geduld, en deursettingsvermoë…  In Vermont (naby Hermanus) is daar ‘n huis wat al staan vandat ek in die Laerskool was…  Iemand het hom begin bou, en ek neem aan die persoon se fondse moes opgeraak het – en die huis het so halfklaar daar bly staan…  So drie jaar gelede, het dit vir ‘n oomblik gelyk asof iemand die halwe huis gekoop het, en weer die bouplanne hervat het…  Dit was ook maar van korte duur, want die huis staan steeds halfklaar…    Jy mag dalk wonder, hoekom vertel ek jou hierdie?

Want elkeen van ons, is soos ‘n huis waar die Bouer steeds besig is om aan te werk…  Of ons nou al “klaar” huise is, en of ons fondasie maar nog net gegooi is, God is daagliks besig met elkeen van ons…  ‘n Nuwe laag verf, kan iets wat oud en afgerem is, weer nuut laat lyk…  Nuwe meubels of om iets aan te bou aan jou huis, kan dit weer ‘n totale nuwe “look” gee…  En daar is nie ‘n huis wat beter is as ‘n ander huis nie, want elkeen van ons beskik oor spesiale gawes, of talente wat ons huis uniek maak…  Hoe ons daardie talente en gawes benut, is wat die deurslag gee…   Want jou huis kan slegs vir vertoon daar wees (dus – jy gebruik nie eintlik jou gawes of talente nie), of dit kan ‘n voorware leefhuis wees – een waar daar DAAGLIKS geleef word…  Waar jou gawes en talente gebruik word om vir God die eer te gee, en om Sy Koningkryk hier op aarde te laat kom!  Dit kan dalk wees dat jy probeer om jou talente en gawes uit te leef, maar die regte geleentheid wil homself net nie voordoen nie…  Of dat die geleentheid homself voordoen, maar dat jy nie reg is of voorbereid is, op wat die geleentheid als van jou verwag nie…  Jesus sal jou NOOIT los nie…  Hy sal jou nie vir jare laat staan, sodat jy ‘n “seer oog” vir die gemeenskap word nie… Hy sal jou ook NOOIT los as Hy nog halfpad is met Sy werk in en deur jou nie...  Hy sal die werk wat Hy in jou begin het, klaarmaak... AS jy Hom toelaat – sal Hy DAAGLIKS werk in jou lewe, in jou en deur jou, om groot wonderwerke in Sy naam te doen…  Sodat jy die moeilike situasie waarin jy jouself tans bevind, as getuienis sal kan gebruik, om weer ANDER mense te help,wat in soortgelyke situasies vasgevang is…  Vat Jesus se hand, en soos Nike se leuse sê – “just do it!”  Wat jy vermag of doen, deur Jesus wat jou die krag gee, sal bydra tot jou karkater, en wie en wat jy in God is…  Hy sal jou nie teleurstel nie – bid, glo, vertrou en LEEF!


Blessings vir jou!

Anelli**

No comments: