Wednesday 7 August 2013

Terugvoer en gebedsversoeke...

Haloe julle!
Terugvoer oor Liezel:
Die operasie het gister plaasgevind, sy is vanaand uit ICU geskuif, en moet tot Maandag in die hospitaal wees. Hulle sal dan volgende maand met Chemo / Bestraling moet begin. Syt gevra dat ek sal dankie se vir elke gebed - sy waardeer dit ongelooflik baie. Kom ons hou haar in ons gebede, vir die herstelpad en verdere behandeling wat voorle!
Span wat op uitreik gaan:
Ons is ‘n span wat in Sept maand Mosambiek toe gaan op ‘n uitreik. Ons vra net dat almal sal bid vir krag & weerstand teen die bose geeste & ook met die voorbereiding tot ons vertrek. Ons sal dit baie waardeer dat jul tydens ons besoek sal voortgaan met gebed.
Huwelik:
Ons bid vir 'n getroude paar wat al meer as 20 jaar getroud is, wie se huwelik tans deur 'n moeilike tyd gaan. Ons bid dat God se wil sal geskied en dat Hy sal voorsien in die gesin se behoeftes, en die ouerpaar se harte sal sag maak. Ons bid dat God 'n wonderwerk sal verrig om die huwelik te herstel.
Mag julle 'n baie geseende langnaweek he!
blessings!
anel

No comments: