Sunday 25 August 2013

“There are many people that will tell you that you can’t… What you have got to do, is turn around and say – watch me…” ~ Unknown

Haloes! J

“There are many people that will tell you that you can’t…  What you have got to do, is turn around and say – watch me…” ~ Unknown

James 1:2-4

“Consider it pure joy whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith develops perseverance…  Perseverance must finish its work in you so that you may mature and complete, not lacking anything…”

Hebrews 12:1-2

“Therefore, since we are surrounded by such a great cloud of witnesses, let us throw off everything that hinders and the sin that so easily entangles…  And let us run with perseverance the race marked out for us, fixing our eyes on Jesus, the pioneer and perfecter of faith.

“The past can hurt, but the way I see it, you can either run from it, or learn from it…” ~ Rafiki (The Lion King)

“Don’t give up…  The beginning is always the hardest…” ~ Unknown

Die Leeus (Rugbyspan) is vir my ‘n spreekwoordelike voorbeeld van die aanhaling hierbo…  Vir die van julle wat nie rugby-liefhebbers is nie – hier is ‘n klein stukkie agtergrond, ten einde die groot prentjie te verstaan…   Die Leeus het verlede jaar laaste geïndig van die 5 Suid-Afrikaanse spanne wat in die Super 15 kompetisie (kompetisie wat tussen Suid-Afrika, Nieu-Zeeland en Australië plaasvind) deelneem…  Dit het tot gevolg gehad dat hulle vanjaar, hulle plek in die kompetisie kwyt was – en die Kings, het ‘n kans gekry om hulself te bewys…  Teen die einde van die Super 15 was daar weereens ‘n uitspeel wedstryd, tussen die Suid-Afrikaanse span wat laaste in die Super 15 geëindig het (wat die Kings was).  Die Leeus het dus ‘n kans gekry – om hulself te bewys.  Lang storie kort – die Leeus het as oorwinnaars uit die stryd gekom…  Die afgelope paar weke het hulle ‘n opdraende stryd in die Currie-Cup (ons plaaslike rugby kompetisie) gehad…  Saterdag wat verby was, het hulle teen die Blou Bulle (een van die beste spanne) te staan gekom…  Ek dink dat die meerderheid mense, die Leeus nie ‘n kans gegee het nie…  Maar wat gebeur het, was dat die Leeus (op Loftus – wat die Bulle se tuisveld is) ‘n oorwinning van 62-23 behaal het…  Aan die einde van die wedstryd het hulle gewys hoe die span saam neerkniel en bid en dankie se...

Wat probeer ek hierdeur vir julle sê?  Maak nie saak waar jy begin nie – dit gaan oor waar jy eindig…  Maak nie saak wat mense te sê het nie – al wat saakmaak is wat God sê…  Ek dink baie mense probeer ander mense afbreek, omdat hulle “insecure” is oor hul eie lewens…  Deur hulle negatiewe woorde, probeer hulle jou dan ontmoedig, om die hoogtes te bereik wat God vir jou bestem het…  Miskien voel jy tans of jy op ‘n plek is in jou lewe wat jy nie meer weet watter kant toe volgende nie…  Miskien het mense jou al telkemale met hulle woorde afgebreek of vir jou vertel dat jy nie goed genoeg is nie…  Iets om ALTYD te onthou is dat ons ALMAL na God se beeld geskape is…  Elkeen van ons het eienskappe ontvang wat ons UNIEK en spesiaal maak…  God het elkeen van ons LIEF, nes ons is!  Met ons foute en al!  Ons goeie eienskappe en slegte eienskappe werk saam om die mens te vorm wat ons is…  Jy hoef nie iets te doen om God se liefde te ontvang nie – Hyt dit vir jou al kom gee LANK voordat jy gebore is…  Die dag toe Hy vir ons sondes aan ‘n houtkruis betaal het…  Moenie dat mense se woorde definieer wie en wat jy is nie…  Doen DIT wat jou bangmaak…  Daag jouself uit, om te kan bereik wat God vir jou bestem het om te bereik…  Moenie vaskyk na die onmoontlikheid van jou drome nie – hou jou oog gevestig op God…  Weet dat Hy jou elke oggend van nuwe krag, moed en hoop vir die nuwe dag sal voorsien…  Wanneer jy die “onmoontlike” saam met God aanpak, raak dit doenbaar…  Wat sou jy vandag doen of aanpak as jy weet jy sal nie misluk nie??  As jy dit kan identifiseer – moenie dat mense met hulle woorde jou ontmoedig nie…  Doen dit…  As jy probeer – het jy ten minste ‘n kans op sukses…  As jy niks doen nie – is jy verseker van ‘n mislukking…

Blessings!

Anelli**

No comments: