Sunday 11 August 2013

“You may encounter many defeats, but you must not be defeated. In fact, it may be necessary to encounter the defeats, so you can know who you are, what you can rise from, how you can still come out of it.” ― Maya Angelou

Haloes! J

“You may encounter many defeats, but you must not be defeated. In fact, it may be necessary to encounter the defeats, so you can know who you are, what you can rise from, how you can still come out of it.” ― Maya Angelou

Matthew 11:28

“Jesus said, come to Me, all of you who are weary and carry heavy burdens, and I will give you rest…”

Isaiah 30:15

“In returning and rest you shall be saved…  In quietness and trust, shall be your strength…”

“The brick walls are there for a reason. The brick walls are not there to keep us out. The brick walls are there to give us a chance to show how badly we want something. Because the brick walls are there to stop the people who don’t want it badly enough. They’re there to stop the other people.”
― Randy Pausch, The Last Lecture

“Just because you fail once doesn't mean you're gonna fail at everything.” ― Marilyn Monroe

Ek weet nie wie van julle die “energizer bunny” advertensies onthou nie?  Hulle het dit gebruik om batterye te adverteer, en dit was nogals treffend!  Hulle het gewone batterye in al die hasies gesit, en slegs in een hasie, is Energizer batterye gesit.  Daarna het hulle uitgebeeld hoe moeg en uitgeput die hasies met gewone batterye geraak het, totdat hulle heeltemal opgehou werk het…  Die batterye het nie lank gehou nie…  Verder het hulle uitgebeeld hoe lank die Energizer hasie kon aanhou – “never say die” was sy leuse…  Die battery het baie langer gehou as enige ander gewone battery, en so het hulle suksesvol hul produk bemark om deur die publiek gekoop te word…

Die lewe is elke liewe dag ‘n uitdaging…  Wanneer mens nie voldoende rus kry nie, raak jy oormoeg, en kan die kleinste probleem vir jou na die mees onoorkombare uitdaging lyk…  Baie keer wanneer jy op daardie punt kom – van totale uitputting en net nie meer weet hoe of wat nou nie – wil ek jou afvra…  Het jy die lewe se uitdagings met God se krag en God aan jou sy aangepak?  Of het jy op jou eie kragte probeer staatmaak, en met jou eie kragte elke dag se uitdagings probeer aanpak?  Ek glo dat baie keer is die antwoord dat ons op ons eie menslike vermoëns en krag staatmaak…  Miskien word jy tans met so ‘n situasie gekonfronteer…  Miskien is daar moeilikheid by jou werk?  Miskien is ‘n familielid of jyself dalk siek, en weet die dokters nie meer watter kant toe nie…  Miskien is jou huwelik op die rotse, en hoe meer jy daaroor dink, kan jy nie sien waar julle verkeerd gegaan het nie…  Miskien is jy bekommerd oor jou kinders, en sukkel julle om met mekaar te kommunikeer, of miskien weet jy net nie meer om die syfers te laat klop nie…  Die finansies raak net meer beroerd elke liewe dag…   Of miskien moes jy onlangs ‘n ongelooflike teleurstelling hanteer…   Sit nou ‘n oomblik, vir 5 minute, en praat met God…  Skryf al die dinge neer wat jou onderkry of pla op hierdie oomblik, en bid dat God vir jou sal kom vul met die krag wat jy nodig het om hierdie dagtake aan te pak…   Dat God aan jou nuwe krag sal kom gee, en ‘n verfrisde gemoed…  Gee die dinge wat jy nie kan hanteer nie – oor in Jesus se hande – Hy SAL sorg…  Al wat Hy van ons vra is dat ons moet glo en vertrou…  Hy slaap nooit nie, en SY krag is soveel meer powerful as wat ‘n energizer bunny s’n is…  Hy sal jou help!  Sit net jou hand in Syne…


Blessings! 

Anel**

No comments: