Tuesday 20 August 2013

“Don’t forget to pray today, because God did not forget to wake you up this morning…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t forget to pray today, because God did not forget to wake you up this morning…”  ~ Unknown

Psalm 126:5

“The one who sow in tears shall reap in joy…”

Romans 15:13

“Now may the God of hope fill you with joy and peace in believing that you may abound in hope by the power of the Holy Spirit…”

“Before you act, listen…  Before you react, think…  Before you spend, earn…  Before you criticize, want…  Before you pray, forgive…  Before you quit, TRY…” ~ Unknown

“Faith is seeing light with your heart when all your eyes see is darkness…” ~ Unknown

Ek is seker daarvan dat elkeen van julle al een of ander tyd verslaap het J  Ek dink nie dat daar enige iets is wat jou adrenalien so vinnig aan die gang kry, soos die besef dat jy te laat wakker geraak het, en nog tientalle dinge moet doen voordat jy werk of skool toe kan gaan nie…  Baie keer veroorsaak so ‘n verslaap sessie dat jy met ‘n gejaag en dikwels ongeduldigheid aan die gang kom en dat die res van die dag op dieselfde trant verloop…   Hierdie aanhaling hierbo kan dan BAIE maklik ‘n groot waarheid word, want wanneer mens moeg en geïriteerd is, tree mens gewoonlik op voordat jy dink of luister…  Jy reageer vinniger – wat partykeer lei daartoe dat jy oorreageer, of jy kritiseer dalk sommer, sonder rede…  Sekere uitdagings in sulke dae, sal ook baie keer net een te veel wees – die dag het REEDS sleg begin…  Dis dan baie keer makliker om net nie te probeer nie en handdoek in te gooi nog voordat die dag begin…

Wanneer ons vir Jesus eerste stel in ons lewens – bo al die gejaagdheid en chaos – sal Hy sorg dat alle dinge vir ons ten goede sal meewerk!  Hy belowe dit vir ons in Romeine 8:28…  Hoe baie keer vergeet ons nie om te bid nie, of raak ons aan die slaap terwyl ons bid?  Dit terwyl God ons elke oggend wakker maak, deur Sy genade sodat ons ‘n nuwe dag vol geleenthede en seën tegemoet kan gaan!  Ek dink, ‘n uitdaging aan elkeen van ons, sal wees om net ‘n tydjie te neem – dit hoef nie lank te wees nie – maar vat ‘n oomblik en sê net DANKIE vir die nuwe dag…  Jy kan jouself herinner dat voordat jy jou rekenaar aanskakel, wanneer jy jou skoolgoed uitpak, voor jy begin koek bak, draf of watookal jou eerste taak van die dag is – neem 2 minute en dank God vir die nuwe dag en die dinge waarvoor jy dankbaar is…  Wanneer jy jou dag begin deur dankie te sê, is jou ingesteldheid ten opsigte van die dag se verloop, HEELTEMAL anders wees…  Jy sal met positiewe oë kyk na die dinge wat oor jou pad kom, en jy sal kan LEEF met die versekering, dat Jesus HEELDAG saam met jou stap…  Ons Graad 1 juffrou (of sub-A, soos ons dit geken het), het vir my ‘n boekmerk gegee waarop die volgende gestaan het…  “Wees ALTYD koelkop, want die Here is die skaduwee aan jou regterhand (of linkerhand vir die linkshandiges)…  Wanneer ek dus my hand se skaduwee sien val – word ek herinner daaraan dat God ALTYD by my is, en my nooit alleen laat nie (Psalm 23)…  Vertrou vandag vir God dat Hy jou voete sal lei waar Hy wil hê jy moet stap (Spreuke 16:3)…  As jy dalk wag of bid op ‘n deurbraak – bid dat God deure vir jou sal oopmaak wat GEEN mens sal kan toemaak nie (Revelation 3:8)…  As jy dalk siek is, of deur moeilike behandeling gaan – byt vas en weet dat God – ons Pa, die ULTIMATE geneesheer is (Jakobus 5:14)!  NIKS, maar NIKS is vir ons God onmoontlik nie (Lukas 1:37).  Mag God ons Vader, jou vandag uit jou sokkies uit seën met ‘n ongelooflike dag…

Baie blessings vir jou!!

Anelli**

No comments: