Monday 19 August 2013

“Prayer is the best wireless connection…” ~ Unknown

Haloes! J

“Prayer is the best wireless connection…”  ~ Unknown

Matthew 18:19-20

“If two of you on earth agree about anything you ask for, it will be done by my Father in heaven…  For where two or three come together in My name, there I am with them…”

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you,” declares the Lord…  Plans to prosper you and not to harm you, plans to give you a hope and a future…”

“When life knocks you down on your knees – remember:  You’re in the perfect position to PRAY…” ~ Unknown

“Always pray to have eyes that see the best in people, a heart that forgives the worst, a mind that forgets the bad and a soul that never loses faith in God…”  ~ Unknown

Daar is niks wat meer frustrerend is as ‘n internet-konneksie wat nie wil werk nie, of wat bitter stadig is nie…  Iets wat jou letterlik ‘n paar minute moet neem, het dan die vermoë om ‘n paar uur uit jou dag te vreet…  As jy dan uiteindelik die webblad oopkry, en dit is nie wat jy nodig het nie, moet jy die soektog maar weer van voor af begin…  Wanneer ‘n paar mense afhanklik is van ‘n internet konneksie, kan een persoon wat besig is om goed te “download”, al die ander mense verhoed daarvan om die internet te gebruik, aangesien daardie persoon se groot werklading vir die internet, die konneksie so oorlaai, dat die ander mense met baie stadige konneksies tevrede moet wees…

Hierdie onbekende aanhaling is vir my PRICELESS…  Want ons konneksie met God is ALTYD ‘n oop lyn…  Of daar nou iemand voor ons in die ry was, wat eerste begin bid het, sal God nie vir jou onbereikbaar wees nie…  Jy het ENIGE tyd van die dag of nag ‘n lyn na God – wat met SPOED werk! J  Jou Hemelse Pappa LUISTER ook wanneer jy praat…  Ek dink almal van julle het al ervaar wanneer jy met iemand praat wat met verdeelde aandag na jou luister…  Die persoon mag dalk ja sê op die regte tye, maar mens kan agterkom wanneer iemand nie regtig na jou luister nie…  Met God sal jy nooit daardie probleem hê nie…  Elke gesprek wat jy met Hom voer is kosbaar…  As Hy dalk stil is wanneer jy bid, beteken dit nie dat Hy nie luister nie – iemand wat stil is in ‘n gesprek, is gewoonlik omrede hy of sy jou kans gee om jou hart uit te praat, en dit wat jou pla uit te kry en op die tafel neer te sit…  Sodat jy na die gesprek kan opstaan en beter en ligter voel!  Wanneer dit weer vir jou voel asof God jou nie hoor nie – onthou Jeremiah 29:11 - “For I know the plans I have for you,” declares the Lord…  Plans to prosper you and not to harm you, plans to give you a hope and a future…”  God wil NET die beste vir jou toekoms hê…  Hy wil vir jou deure oopmaak wat GEEN mens sal kan toemaak nie…  Hy wil jou seën met soveel meer as wat jy vir jouself kan droom of hoop…  Al wat jy moet doen is om te GLO dat dit vir jou so sal wees wanneer jy bid, en nie ongeduldig te raak wanneer God se antwoord nie so vinnig kom as wat jy sou hoop nie – of wanneer Sy antwoord dalk iets anders is as wat jy gehoop of gedroom het…  Dinge wat anders is as wat ons beplan, is gewoonlik die dinge waaruit ons die meeste seën in ons eie lewens kan kry, of dinge wat God sal gebruik sodat ons seën in ander se lewens kan wees…  BID, GLO, VERTROU…  Jou wireless konneksie is oop – waarvoor wag jy?

Blessings!

Anelli**

No comments: