Sunday 18 August 2013

“The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren


Haloes! J

 “The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

 James 5:16

 “The earnest prayer of a righteous person has great power and produces wonderful results…”
 
Psalm 145:18-19

“The Lord is near all who call on Him in truth…  He fulfils the desires of those who fear Him; He hears their cry and saves them…”

“Do not pray for an easy life, pray for the strength to endure a difficult one” ― Bruce Lee

“Let us never forget to pray. God lives. He is near. He is real. He is not only aware of us but cares for us. He is our Father. He is accessible to all who will seek Him.” ― Gordon B. Hinckley

Wanneer mens bekommerd is oor iets, gebeur dit baie maklik dat daardie “iets”, al word waaraan jy dink…  Jy eet, drink en slaap later die “worry”…    En glo dit of nie – jou gedagtes, beïnvloed weer jou aksies (hoe jy optree en dit waaroor jy praat)…  Wanneer jy oor en oor net negatiewe dinge raaksien, is dit omtrent ‘n gegewe dat die resultaat van jou bekommernis ook ‘n negatiewe ene sal wees…   Wat sal gebeur as jy met jou motor of fiets ry, en jy ‘n pap band kry terwyl jy nog oppad na jou bestemming is?  Die pap wiel sal jou verhoed om te kan verder ry, omdat die gewig van jou motor of fiets nie eweredig versprei sal wees nie…  Deur met ‘n pap wiel te ry, kan jy groot skade aan jou motor of fiets se wiel veroorsaak…  Dieselfde is waar vir 'n negatiewe gemoed - dit besoedel jou gedagtes so dat jy as gevolg daarvan "stuck" kan wees op een plek...  Dat jy nie vooruit kan gaan nie, omdat jy so vasgevang bly met dit wat verkeerd is...  Ek het ‘n aanhaling gelees wat sê:  “A bad attitude is like a flat tire, you can’t go anywhere until you changed it…” ~ Unknown.   Hoe waar is dit nie??

Miskien is jou gemoed op die oomblik baie negatief ingestel…   Miskien gaan jy op die oomblik deur ‘n moeilike tyd, en weet jy nie hoe om jou ingesteldheid te verander nie – want alles voel sleg en verkeerd…   Miskien staan jy soggens met die beste voornemens op, maar sodra jy jouself weer kom kry, het daar soveel goed gebeur wat jou dag sleg maak, en wat jou laat dink dat daar absoluut niks is om oor positief te wees nie…  Ek wil jou uitdaag om hierdie week te probeer om LIG op jou probleme te laat skyn…  Wat probeer ek hiermee sê?  Maak TYD om te bid…  Om met God te gesels en Hom te dank vir dit wat jy WEL het…  Die feit dat jy hierdie lees, is alklaar ‘n aanduiding dat God jou nog ‘n dag gespaar het – wat weer beteken dat Sy doel vir jou lewe, nog nie volbring is nie!  Solank daar asem in jou longe is, is daar ‘n DOEL vir jou lewe…  God sal daardie DOEL aan jou openbaar wanneer jy dit van Hom vra…  Partykeer kan mens vir jare bid, sonder om ‘n klinkklare antwoord van God te kry – maar ek dink dat sonder jy dit altyd besef, gebruik hy jou, elke dag, nes jy is, om Sy Koningkryk te laat kom…  Die lewe moet vorentoe geleef word, maar dit word agteruit verstaan…  Mens het nie altyd die antwoorde oor hoekom jy tans in sekere situasies sit nie…  Maar ek belowe jou dat wanneer jy oor ‘n jaar of 10 jaar terugkyk na waar jy vandag sit, sal jy kan sien hoe God jou huidige situasie gebruik as ‘n boublok vir dit wat nog kom…  God antwoord ALTYD…  Sy timing is net nie altyd soos ons dit sou wou hê nie…  Ek weet dat ek al baie keer in my eie lewe gebid het, en gewens het dat God op daardie spesifieke oomblik vir my ‘n DUIDELIKE antwoord kon gee…  Die antwoorde kom egter altyd op die REGTE tyd – en die feit dat God partykeer NEE sê vir dit wat ons so graag wil hê – is partykeer ‘n blessing in disguise…  Ek dink Hy spaar ons baie keer hartseer – alhoewel mens altyd dink dat JY weet wat jy wil hê – en jy WEET dat dit jou gelukkig sal maak…  Rus vandag in die wete dat God beter weet…  Dat Hy heelnag wakker is, en dat dit onnodig is om wakker te lê oor dinge waarvoor jy nie oplossings of antwoorde het nie…  Mag Jesus jou instelling kom verander in hierdie nuwe week…  Mag jy met nuwe oë kyk na dit waarmee Hy jou seën en mag jy Rick Warren se aanhaling ‘n waarheid in jou lewe maak – dat jy sal ervaar dat hoe meer jy bid, hoe minder jy sal “panic” en dat sal vind hoe meer jy God loof en prys, hoeveel minder jou bekommernisse sal raak…  Mag Hy jou kom vul met rustigheid oor jou situasie – ‘n rustigheid wat alle verstand te bowe gaan en dat jy sal besef – Hy sorg al jou HELE lewe vir jou…  Hy gaan verseker nie nou ophou nie – daarvoor is jy TE spesiaal en het HY jou TE lief!

Blessings!

Anelli**

No comments: