Haloes! J
"Seven days without prayer makes one
weak." ~ Allen Vartlett
Matthew 21:22
“Whatever you ask for in prayer, you will receive if you
have faith…”
Mark 11:22
“I say to you, whatever things you ask when you pray,
believe that you have received them, and you will have them…”
“Only prayers which
come from our heart, can get to God’s heart…”
~ Charles H Spurgeon
“Passionate prayers
not only change the world, they have a way of transforming the people who pray
them…” ~ Unknown
Wanneer jy top-fiks is, is daar niks lekkerder as ‘n
goeie oefen sessie nie… Die oefen stel
endorfiene vry, jy het gewoonlik ‘n ligter gemoed, meer energie en
lewenslus! Maar wat gebeur wanneer weke dan
verbygaan wat jy niks doen, en jy dan weer ‘n oefening probeer deurwerk? Gewoonlik kry mens swaar, is jy kort van
asem, sonder energie en kry ‘n normale oefensessie jou sommer onder! Die moeilikste is gewoonlik om te begin – om
te sorg dat jy die tyd daarvoor uitsit en om te sorg dat jy deurdruk, deur die
moeilike fase… Wanneer jy eers verby die
begin punt is, gaan dit gewoonlik elke dag makliker…
Dieselfde is waar ten opsigte van gebed… Wanneer ons ‘n gesonde geloofslewe het, en
ons naby God leef, is dit maklik om Bybel te lees en te bid… Wanneer dit egter moeilik in ons geloofslewe
gaan, en ons tye beleef wat ons ver van God voel, kom die woorde nie altyd so
maklik nie… Partykeer hou ons selfs op
om te bid, en raak dit so algemeen, dat jy nie eens meer skuldig voel daaroor
nie… Allen Vartlett het die spyker op sy
kop geslaan… Seven days without prayer
makes one weak… Ons word makliker
ondergekry deur moeilike tye by die werk asook die dinge wat verkeerd gaan in
ons persoonlike lewens… Ons uitkyk raak
baie makliker negatief, as wanneer ons daagliks met God praat, want deur met
God te praat besef ons gewoonlik hoeveel ons het om voor dankbaar te wees… Miskien gaan jy tans deur donker dieptes en
weet jy nie om uit die groef te kom nie…
Miskien weet jy ook nie meer hoe om te bid nie – aangesien dit iets is
wat jy so lank terug gedoen het… Vandag
wil ek jou kom verseker – om te begin, en om die “habit” te kweek om daagliks
met God te praat, gaan die moeilikste wees…
Maar wanneer jy daardie eerste stap geneem het, net om te begin, sal dit
elke dag vir jou makliker kom (nes oefen)…
Dit sal jou help om sterk te staan – wanneer moeilike tye oor jou pad
kom, want jy sal vashou aan God en Sy woord, eerder as jou vrese… Elkeen van ons praat tog op ‘n daaglikse
grondslag met mense wat oor ons pad kom?
God wil met jou ‘n gesprek kan voer, soos wat jy met jou beste vriend of
vriendin sal praat… As jy sukkel, of as
jy voel dat jou gedagtes dwaal, neem ‘n stukkie papier en skryf ‘n brief vir
God… Vertel Hom van jou grootste drome,
dinge wat jou opgewonde en bang tegelyk maak, pyn wat jy dalk ervaar, moeilike
tye wat jy deurmaak… Niks, maar niks is
vir Hom onbelangrik nie… Hy
luister! Wanneer mens bid, het God ‘n manier
om te werk in jou en jou laste ligter te maak…
Jy kan dalk met ‘n swaar gemoed gaan sit om te bid, maar ek belowe jou –
‘n gedeelde las raak ALTYD ligter… Mag
jy God se liefde en genade vandag in jou lewe ten volle ervaar! En mag God jou situasie verander, terwyl jy
nog aan Hom vertel… Vir Hom bestaan ‘n
woord soos onmoontlik nie!!
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment