Thursday 29 August 2013

“Alles wat ek sien, leer my om die Skepper te vertrou vir alles wat ek nie kan sien nie...”~ Ralph Waldo Emerson

Haloes! :)
“Alles wat ek sien, leer my om die Skepper te vertrou vir alles wat ek nie kan sien nie...” ~ Ralph Waldo Emerson
Jeremia 17:7-8
“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is: So iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie...”
Daniël 6:22
“Daniël antwoord toe: ‘Mag die koning nog lank lewe... My God het sy engel gestuur om die leeus se bekke toe te hou sodat hulle my niks kon aandoen nie... Hy het dit gedoen omdat Hy weet dat ek onskuldig is...”
“Vertroue is wanneer jy dit kan regkry om te sê: ‘Ek verstaan nie wat God doen nie, ek weet nie waar God is nie, maar ek weet dat Hy die beste vir my wil... Dit is vertroue. Dit is hoe jy op God moet wag...” ~ Richard Foster
“As ‘n trein deur ‘n tonnel gaan en dit donker om jou word, gooi jy nie jou treinkaartjie weg en spring van die trein af nie... Jy sit stil en jy vertrou die ingenieur...” ~ Corrie ten Boom
Daniël is vir my een van die grootste voorbeelde in die Bybel, van iemand wat onvoorwaardelik op God vertrou het... Indien ek of jy vanoggend in ‘n Leeukuil gegooi moet word, vir iets wat ons nie gedoen het nie, dink ek sal dit nogals moeilik wees om te glo, dat daai leeu se bek gesluit sal word, en dat hy ons nie sal seermaak of verskeur nie... Die lewe het ons sinies gemaak, en ons sal eers glo, indien iets aan ons bewys word...
Om op God te vertrou, verg egter dat ons hierdie “mensgemaakte reëlboekie” by die ruit moet uitgooi... God werk nie soos mensgemaakte reëls dit voorskryf nie... Hy werk volgens “out of the box” reëls, en Hy LOVE dit om die “underdog” te laat wen... Ek is seker jy het al op baie gebiede van jou lewe, soos die “underdog” gevoel. Die wêreld het ‘n manier om jou gees te breek – deur goed soos: finansiële moeilikheid, ontroue vriende of geliefdes, om jou werk te verloor as gevolg van die resessie, dood van ‘n geliefde, of sommer net rampe wat jou voortdurend tref...
God is SO GROOT en ALMAGTIG, en Hy verdien net om geprys te word vir hoe goed Hy na ons omsien... Want te midde van AL hierdie dinge, sal Hy Sy kinders die oorwinning laat behaal... Hoe weet ek dit? vra jy? Ek weet dit omdat, Hy vir ons aan die Kruis gesterf het, en deur dit het Hy belowe dat NIKS MAAR NIKS, groter is as Sy liefde vir ons nie... En dat Hy groter is as die wêreld en sy probleme... En dat ABSOLUUT niks vir Hom onmoontlik is nie... Ook nie om vandag te sorg, dat geen “leeu” wat oor jou pad kom, jou kan verskeur nie, omdat Hy sy bek vir hom sal sluit... God het jou oneindig lief, underdog :)
blessings!
anelli**

No comments: