Wednesday 28 August 2013

“Sometimes all you need is twenty seconds of insane courage. Just literally twenty seconds of just embarrassing bravery and I promise you something great will come of it…” ~ We bought a Zoo

Haloes! J

“Sometimes all you need is twenty seconds of insane courage.  Just literally twenty seconds of just embarrassing bravery and I promise you something great will come of it…” ~ We bought a Zoo

Psalm 27:4

“Wait for the Lord…  Be strong and take heart, and wait for the Lord…”

2 Peter 3:9

“The Lord is not slow in keeping His promise, as some understand slowness…  He is patient with you not wanting anyone to perish, but everyone to come to repentance…”

“Remember – the man on top of the mountain, did not just fall there…” ~ Unknown

“The easiest things are rarely rewarding…  The rewarding things are rarely easy…”  ~ C Fantelli

Baie keer kan die toekoms as hierdie vreesaanjaende berg lyk... Wanneer mens weet wat moet gebeur, en wanneer dit moet gebeur, raak dit makliker om dinge aan te pak... Die lewe moet ons dieselfde benader – in “eetbare” porsies... Ons raak baie keer so vasgevang in "die lewe" dat ons probeer om 'n maand of 'n week op 'n slag probeer leef... Eerder as om onsself baie moeite, angstigheid en bekommernis te spaar, deur net te fokus op die dag wat tans aan ons geskenk is...

Wat wil jy word wanneer jy eendag groot is?  Ek dink dis een van die eerste vrae waarmee ons gekonfronteer word wanneer ons skool toe gaan.  Kleintjies het REUSE drome... Hulle is nie bang om drome te deel met ander nie... En hulle twyfel ook nie vir een oomblik aan die moontlikheid daarvan nie... Dis partykeer maklik om uit te stel vir - “eendag”... Dinge wat “groot” lyk vir ons, kweek partykeer vrees by ons. En vrees maak weer dat ons limiete op onsself plaas, deur nie ons drome na te jaag nie. Drome lyk partykeer soos risiko, en risiko = onsekerheid + vreesaanjaend.

Ek het ‘n aanhaling gelees van Dean Acheson wat die volgende sê - “Die beste ding omtrent die toekoms, is dat dit net een dag op ‘n slag kom...”  Hierdie aanhaling is iets wat ons moet onthou… As ons dus elke dag EEN iets aanpak wat ons “bang maak” kan ons grense oorsteek sonder dat ons dit eers besef... AS jy elke dag een tree gee, sal jy 365 tree na 'n jaar gevorder het - dis omtrent 'n entjie! Eendag begin vandag – nie môre nie... Vandag. Dit wat jy vandag doen, is die boublokke en die fondasies van more! Mag God jou voete rig, sodat jy stap op die pad wat HY vir jou bestem het... As die dinge wat oor jou pad kom, lyk na risiko - kan jy rus in die wete, God sal NIKS oor jou pad bring, wat Hy nie reeds "geproof" het, en gecheck het nie... Jy is nie alleen nie! Hy belowe in Sy woord - jy sal jou voet nie teen 'n klip stamp nie, en ook dat Hy omsien na die mossies, maar dat ons baie meer werd is as mossies... Hy sal sorg :) Lewe so dat eendag, vandag vir jou 'n werklikheid word - as jy nie weet hoe nie, laat God toe om jou te wys (bid!)! Onthou - die dinge wat vir jou so groot lyk - is baie klein met in vergelyking hoe GROOT jou God is!!  Die onderwerp aanhaling is vir my een van die coolste aanhalings wat ek nog gelees het…  Partykeer kort ons net daardie stukkie “boldness” en ‘n kort rukkie van INSANE courage om GROOT deurbrake in jou lewe te beleef…  God KAN ENIGE iets doen, wanneer jy bereid is om daardie “leap of faith” te neem en ook bereid is om te volg waar God jou lei - selfs al maak dit dalk nie altyd vir jou op daardie oomblik sin nie…

Blessings!
 
Anelli**

No comments: