Sunday 1 February 2015

“Keep believing. You might be tired. Discouraged. Don’t give up on your future…” ~ Joel Osteen


Haloes! J
 
“Keep believing. You might be tired. Discouraged. Don’t give up on your future…” ~ Joel Osteen
 
Deuteronomy 33:27 
 
“The eternal God is your refuge, and underneath are the everlasting arms.  He will drive out your enemies before you, saying, ‘Destroy them!”
 
Psalm 32:7-8 
 
“You are my hiding place; you will protect me from trouble and surround me with songs of deliverance.  I will instruct you and teach you in the way you should go; I will counsel you with my loving eye on you.”
 
“There are still so many kisses and laughs and nights and days and risks worth taking and road trips and books to read and poetry to write and pictures to take…” ~ Unknown
 
“Be a reflection of what you would like to see in others…  If you want love, give love…  If you want honesty, give honesty… If you want respect, give respect…  You get in return what you give…” ~ Unknown
 
Ek het gisteraand ‘n dagstukkie gelees van Nina Smit, waarin sy gesê het dat ons vir God enige tyd kan vra om vir ons ‘n teken te gee – wanneer ons bid vir spesifieke goed in ons lewens…  Ek het al voorheen met julle die volgende getuienis gedeel, maar ek voel ek moet dit weer doen, ten einde die boodskap vir vandag te bring…  Ek’t so 4.5 jaar gelede gestudeer vir my laaste raadseksamen om my kwalifikasie te behaal…  Dit was die tweede keer wat ek die eksamen moes gaan skryf, en natuurlik is mens dan nog meer bang, omdat jy dit reeds een keer nie gemaak het nie…  Ek het die eerste keer my beste gegee, super hard geleer- daar was letterlik niks wat ek meer kon doen nie…  Hoekom sou die tweede keer dan nou anders wees??
 
My kursus was in totaal 7 jaar, en ek belowe jou – dit was die tipe kursus wat my op my knieë gehou het J  Ek’t dus weer begin leer, met toewyding…  Ekt besluit dat ek net my beste kan gee, en as dit God se wil was, sou dinge wanneer Sy tyd daarvoor reg was, in plek val…  Gedurende my studies, het daar ‘n unieke voëltjie by my begin kuier…  Ek het elke oggend wakker geword, en dan sou ek hoor te-twiet, te-twiet…  Ek sou dan die dag begin, swot, en ek belowe – soos klokslag, as ek bang word, of iets nie kon regkry nie, het ek hierdie voëltjie gehoor buite my ruit – te-twiet, te-twiet…  Ek’t soveel verse van bevestiging die hele tyd wat ek geswot het, dat God my nie in die steek sal laat nie, my nie verlaat nie…  Ek moet net glo en vertrou…  Die oggend voor ek moes gaan skryf het ek wakker geraak, en was dit die begin van griep wat my getref het…  My keel was so seer, en ek het net sommer super goor gevoel…  Te-twiet, te-twiet…  Ek’t sommer net geweet – soos Fillipense 4:13 sê – “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee…”  Ek’t daardie dag geweet – my liggaam is nie sterk genoeg om hierdie eksamen op my eie te gaan skryf nie…  Dit was twee drie-uur vraestelle (9h-12h en weer 2h-5h)…  Ekt besef - ek sou net my hand in God s’n moet sit, en vertrou dat Hy aan my die insig sal gee om hierdie te kan doen…  Ek’t daardie dag seker die meeste Halls van my lewe geëet, maar God het my regop gehou, vir 6 ure J  Die oggend vraestel was ok, maar die middag vraestel was ‘n nagmerrie…  Ek’t nie baie goeie moed gehad toe ek daar uit loop nie…  Ek’t net besluit – dis verby, so sit dit nou agter jou, en vertrou…  God het heeltyd belowe Hy is daar, en Hy sal voorsien – op Sy tyd… 
 
 Die voëltjie het stil geword na ek my eksamen geskryf het, en my lewe het aangegaan vir die 3 maande waarin ek moes wag vir die uitslae…  Ons uitslae het die laaste week van Februarie om 16:00 (op die kop:)) uitgekom...  Dis 'n lang wag :)  Die week voor die uitslae moes kom, het my voëltjie weer Sy opwagting gemaak!!  Elke dag daardie week van die uitslae het ek gehoor – te-twiet, te-twiet!!!  Die uiteinde van die lang storie was dat ek die eksamen geslaag het…  Nie deur my krag nie, maar deurdat ek op God vertrou het, en dit net totaal en al oorgegee het in Sy hande…  Dit is ‘n lewensles wat ek geleer het deur daardie eksamen…  Op ons eie, kan ons niks doen nie…  Die probleme waarmee ons gekonfronteer word, is te groot vir ons om op ons eie ‘n oplossing te kan kry / op ons eie te hanteer…  Ons het nie die antwoorde op die tientalle vrae waarmee ons daagliks gekonfronteer word nie...  Maar wanneer ons ons vertroue in God stel – SAL HY ONS NIE TELEUR STEL NIE!!  Hy bring genesing vir siektes, liefde vir eensames, uitweg vir finansiele probleme…  Wanneer ons Hom in beheer stel…  Gaan onderstreep Psalm 91 in jou Bybel – God sal jou NIE in die steek laat nie…  Moenie moed opgee nie…  Selfs al is dit vanoggend donker daar waar jy jouself bevind - Jesus is by jou...  Watookal die vraag - Jesus is die antwoord...  Selfs al vat dinge bietjie langer om uit te werk as wat jy sou hoop – hou net aan vertrou…  Jesus sal jou nie in die steek laat nie!!!  Wanneer jy reg is om te luister, sal God antwoord…  My voëltjie, is oor en oor vir my die bevestiging dat God altyd by my is – en selfs dat wanneer moeilike tye gaan kom, dat ek dit nooit alleen sal hoef “face” nie…
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: