Wednesday 25 February 2015

“I don’t know how my story will end, but nowhere in my text will it ever read, ‘I gave up’…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“I don’t know how my story will end, but nowhere in my text will it ever read, ‘I gave up’…” ~ Unknown
 
Habakuk 3:19
 
“The Sovereign LORD is my strength; he makes my feet like the feet of a deer, he enables me to go on the heights. For the director of music. On my stringed instruments…”
 
Exodus 14:14
 
“The Lord will fight for you…  You need only be still…”
 
“Fear – if you want to conquer fear, don’t sit at home and think about it…  Get out and get busy…” ~ Dale Carnegie
 
“When we determine to think better, we’re destined to live better…” ~ Joel Osteen
 
Maak jy geskiedenis op die oomblik deur hoe jy lewe, of is jy net ‘n deel van die geskiedenis? Daar is ‘n verskil… ‘n Klip wat op die grond lê is deel van die geskiedenis, maar iemand wat die moed het om die klip op te tel, en hom uit die pad uit te skuif, MAAK geskiedenis… Klink dalk vir jou na ‘n simpel voorbeeld, maar ek wil dit bietjie verder neem as net dit…
 
Ons word daagliks, partykeer selfs uurliks! Gekonfronteer met “klippies” in ons skoene, of klippies in ons pad… Klein dingetjies, wat ons daaglikse taak moeilik maak… Klein dingetjies wat ons laat opsien teen die week wat voorlê…  Maandae lê gewoonlik soos ‘n berg voor mens, nadat jy ‘n lekker naweek gehad het…  Baie keer begin jy klaar reeds bid en hoop vir naweek, sodra die naweek verby is… En die weke teen wat ons so opsien, en waar ons dan maar net deur die “ motions” gaan om dit verby te kry – is eintlik ons lewe wat aan die verbygaan is… Elke dag wat ek nie besluit om impak te maak in iemand se lewe nie, of ‘n dag wat ek besluit om nie ‘n klippie te skuif (uit my pad of iemand anders sin nie), is ‘n dag wat die bladsy van my “legacy” wat ek agterlaat, gaan skoon bly…
 
Ons kan nie net sit en wag vir dinge om na ons kant toe te kom nie… Ons moet opstaan, en dit gaan haal… Veg vir die dinge wat jy wil hê!!! Soos ‘n trein op ‘n treinspoor nie vorentoe sal beweeg as daar nie ‘n drywer agter die stuur, en olie in sy tenk is nie, so sal ons as Christene nie ‘n impak kan maak sonder die “wil om dit te doen” nie, en ook nie, sonder God nie… Sonder Hom kan NIKS!!! Plaas God in beheer, besluit wat jy wil hê in hierdie lewe, en veg daarvoor!!! God sal voorsien, wanneer Hy sien dat jy veg…  Hy sal jou die krag gee om te volhard, en Hy sal namens jou veg! Jy moet net jou geloof en vertroue in Hom stel – en Hom vertrou dat Hy vir jou sal deurkom – ALTYD… Niks in hierdie lewe wat die moeite werd is, kom maklik nie… Maar met God aan jou kant, is daar NIKS wat jy nie kan doen nie!
 
Blessings!
 
Anel xx
 

No comments: