Tuesday 24 February 2015

“Using someone else’s ruler to measure your self-worth, will always leave you short…” ~ Charles F Glassman

Haloes! J

“Using someone else’s ruler to measure your self-worth, will always leave you short…” ~ Charles F Glassman

Mark 10:27

“Jesus looked at them and said, “With man this is impossible, but not with God; all things are possible with God.”

Psalm 147:10-11

His pleasure is not in the strength of the horse, nor his delight in the legs of the warrior; the Lord delights in those who fear him, who put their hope in his unfailing love…

“When you can’t, God can!” ~ David Lamb

“You can’t control everything…  Sometimes you just need to relax and have faith that things will work out…  Let go a little and let life happen…” ~ Kody Keplinger

Ek dink ons almal was al in situasies waar ander ons met woorde afgebreek het…  Of dit nou bedoel was, of dalk iemand wat net ondeurdagte woorde geuiter het, of iemand wat ‘n grappie probeer maak het, wat gebackfire het – woorde wat afbrekend is, maak gewoonlik seer…  Dit los ons met letsels, wat ons gaan verhoed om makliker oop te maak vir nuwe mense wat ons lewens binnekom…  Omdat ons reeds geweeg was, en te lig bevind was, of soos die aanhaling hierbo sê – omdat, ons dan onsself met iemand anders se liniaal van standaarde meet…

Daar is NET een persoon wie se opinie in jou lewe moet tel…  Net een persoon wie se guns belangrik is vir ons, en net een persoon soos wie ons moet streef om te leef…  En dit is Jesus Christus…  Hy het reeds 2000jaar terug vir jou die grootste liefde bewys, deur spykers deur Sy polse, en voete te kry, om te betaal vir ‘n sonde wat jy eers 2000 jaar later sou pleeg…  En maak nie saak WAT jy al gedoen het nie, wanneer jy jou sonde bely, is Hy getrou en regverdig! Hy sal jou sonde so ver in die diepsee weggooi, dat dit sal wees asof dit nooit gebeur het nie…  Hy het jou SO oneindig lief…  Met ‘n liefde wat ek nie dink ons ooit volkome sal kan verstaan nie…  Hy sal niks wat jy al gedoen het “teen jou hou” – soos wat ons as mense dikwels doen nie…  Jy sal nie ‘n merk teen jou naam hê nie – jy sal steeds jou spesiale self in God se oë wees…  Hy sal steeds vir jou net die beste wil hê – omdat Hy jou gekies het, en omdat jy Sy kind is…  Moenie jouself moeg maak, met wat mense oor jou sê, vir jou sê of van jou sê nie…  As mense oor jou praat, beteken dit dat jy iets reg doen – aangesien hulle, hulle tyd wil gebruik om oor jou te kan praat…  Al wie se opinie tel is God…  Hy is by jou, om jou by te staan teen die harde woorde van ander…  Mag God jou omvou met Sy liefde, en mag Hy jou hart kom heelmaak, teen die ondeurdagte woorde van ander wat dit dalk gebreek het…  Gee dit vir God! Hy is nog altyd beter met dit as ons…

Blessings!

Anel xx

 

No comments: