Thursday 5 February 2015

“God will make a way, where there seems to be no way…” ~ Unknown


 
 
Haloes! :)
 
“God will make a way, where there seems to be no way…” ~ Unknown
 
John 15:1-8
 
“I am the true vine, and my Father is the gardener.  He cuts off every branch in me that bears no fruit, while every branch that does bear fruit he prunes[a] so that it will be even more fruitful.  You are already clean because of the word I have spoken to you.  Remain in me, as I also remain in you. No branch can bear fruit by itself; it must remain in the vine. Neither can you bear fruit unless you remain in me.
 
“I am the vine; you are the branches. If you remain in me and I in you, you will bear much fruit; apart from me you can do nothing.  If you do not remain in me, you are like a branch that is thrown away and withers; such branches are picked up, thrown into the fire and burned. If you remain in me and my words remain in you, ask whatever you wish, and it will be done for you.  This is to my Father’s glory, that you bear much fruit, showing yourselves to be my disciples…”
 
“The most important thing is to enjoy your life - to be happy - it's all that matters…” ~ Audrey Hepburn
 
“Life is really simple, but we insist on making it complicated…” ~ Confucius
 
Wanneer jy nuwe mense ontmoet, wat die potensiaal het om goeie vriende van jou te word, of wanneer jy vir onderhoude gaan, ten einde bevorder te word, of 'n nuwe posisie te beklee, is dit natuurlik dat jy jou beste voet voor gaan sit...  Jy sal graag wil hê dat die mense van jou moet hou, sodat jy nuwe vriende, of werk kan bekom...  Ons sal ons beste eienskappe (dus die vrugte wat ons dra) beklemtoon, en die slegstes (dus die snoeiplekke aan ons stamme) wegbêre... Dis vir my awesome dat dit in die Woord staan, dat alhoewel ons somtyds moeilike tye sal moet beleef, dat dit uiteindelik tot ons voordeel sal wees (dit bou ons karakter en versterk ons geloof)...  Ons moet gesnoei word, ten einde groter en beter vrugte (dit wil sê groter seën in ons lewens te ervaar)...
 
Ek wil terugkom na die nuwe mense ontmoet, of werksonderhoude scenario...  Hoe ongelooflik is dit, dat ons na Jesus toe kan kom, NES ons is...   Sonder om die seer in ons lewens, of rekmerke van groei te hoef wegsteek...  God aanvaar elke persoon onvoorwaardelik...  Maak nie saak wat jy gedoen het nie, Hy het jou lief, nes jy is...  Jy is en sal ALTYD ongelooflik spesiaal vir Hom wees, OMDAT jy Sy kind is...  Jy hoef Hom nie te beïndruk nie...  Jy kan wees wie jy is...  Hy wil hê dat jy al die moeilike dinge, en die slegte dinge in Sy Vaderhand moet sit, sodat Hy al die sleg kan gebruik tot Sy eer...  Hy wil die "merke wat die lewe gelaat het in jou lewe", laat toegroei, deur nuwe lote te laat uitloop, sodat jy baie vrug kan dra (dit wil sê, baie geseënd wees)...  Dat jy die slegte dinge in jou lewe, uiteindelik as getuienis kan gebruik, om tot 'n seën vir die mense rondom jou te wees...  Al voel dit dalk nie op die oomblik of daar 'n doel met die slegte dinge is nie...  As ons gehoorsaam is aan God se woord, en ons het geloof in dit wat Hy kan en wil doen, SAL dit so wees...  Hierdie aanhaling hierbo, sê dit beter as wat ek kan - ons moenie net dink of hoop of glo God kan nie, ons moet GLO HY SAL voorsien...  Want Hy wil... 
 
blessings!
 
Anel xx

No comments: