Wednesday 11 February 2015

“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” ~ Aristotle

Haloes! J

“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” ~ Aristotle

1 Samuel 30:6 

“And David was greatly distressed, for the people spoke of stoning him, because all the people were bitter in soul, each for his sons and daughters. But David strengthened himself in the LORD his God…”

Matthew 17:20 

“He said to them, “Because of your little faith. For truly, I say to you, if you have faith like a grain of mustard seed, you will say to this mountain, ‘Move from here to there,’ and it will move, and nothing will be impossible for you.”

“Darkness cannot drive out darkness; only light can do that. Hate cannot drive out hate; only love can do that…” ~ Martin Luther King, Jr.

“Life's most persistent and urgent question is, 'What are you doing for others?” ~ Martin Luther King, Jr.

Het jy jouself al in ‘n situasie bevind waar jy valslik beskuldig is?  Of waar iemand die waarheid gevat het en net klein veranderings daaraan aangebring het, ten einde vir jou in ‘n baie slegte lig te stel?  Ek dink dis een van die moeilikste goed om te hanteer – veral as jy nie so ‘n tipe mens is nie…  Om met waardigheid steeds op te staan vir jouself en op ‘n manier soos dit ‘n kind van God steeds betaam…  Want, ons is net mens, en dit kan BAIE makliker wees om tot op dieselfde vlak te val as dit waarmee jy aangeval word, en harder terug te kap…  Ek glo egter, dat God na Sy kinders omsien en dat Hy sal sorg dat die waarheid ALTYD sal uitkom…  Al vat dit dalk bietjie tyd, en al kry jy dalk seer in die proses…  Ek sien hierdie situasies, maar altyd as ‘n sessie waarin ons sterk gemaak word, en waarin ons, ons verhouding met God verder kan versterk…  Want, wanneer daar valslik klippe na jou gegooi word, WEET ek dat Hy Sy behoedende en bewarende hande voor jou sal hou, en die klippe namens jou sal vang - dat jy nie blywende merke van die klippe sal oorhou nie, maar dat jy sal kan mure van hernuwing bou van dit wat na jou kant toe gegooi word…

Iets wat ons as mense baie keer vergeet, is dat opinies van mense oor ons – nie werklik saakmaak nie…  Dit is TYDELIK…  En ons moet so leef, dat DIT wat ons doen, of se, sal wees WIE ons is…  Nie wat ander van ons verwag nie, en ook nie om ander mense af te breek, ten einde beter oor onsself te voel nie…  Lewe so dat jy selfs sal kan trots wees oor hoe jy optree, of wat jy doen, wanneer niemand anders jou kan sien nie…  God sal jou lei – as jy Hom vertrou om dit te doen, en as jy bereidwillig is om te volg waar Hy stap…

Blessings!

Anel xx

No comments: