Haloes! J
baie blessings!
“Infuse your life with action. Don't wait
for it to happen. Make it happen. Make your own future. Make your own hope.
Make your own love. And whatever your beliefs, honor your creator, not by
passively waiting for grace to come down from upon high, but by doing what you
can to make grace happen... yourself, right now, right down here on Earth…” ~
Bradley Whitford
1 Corinthians
16:13
“Be on your guard; stand firm in the faith; be men of
courage; be strong…”
Lamentations
3:22-23
“Because of the LORD's great love we are not consumed,
for his compassions never fail. They are
new every morning; great is your faithfulness…”
“Notice that the
stiffest tree is most easily cracked, while bamboo or willow survives by
bending with the wind…” ~ Bruce Lee
“If we win we will praise you, and if we lose we will praise you…” ~
Facing the Giants
Ons lewe in tye
waar daar soveel hartseer ons daagliks omring... Mense wat werkloos is, mense
wat nie kos het om te eet, of 'n huis het om in te woon nie... Gebroke
huisgesinne, gebroke verhoudings... Vriende wat ons seermaak, of mense wat jy
gedink het jy kan vertrou, maar wat jou dan verkeerd bewys... Hierdie tipe
dinge wat gebeur, kan lei daartoe dat ons ingesteldheid een word wat negatief
is, eerder as om die goeie en die positiewe dinge te probeer raaksien...
Ek dink as 'n mens
in al hierdie ongelukkigheid vaskyk, sal jy nooit iets hê om oor te glimlag
nie... Mens moet jou fokus verskuif na dit wat goed is... Ek het 'n storie
gekyk waar 'n ou tannie 'n vriendskap aangeknoop het met 'n ou oom... Die
tannie was 'n weduwee, aangesien haar man al baie jare tevore gesterf het, na
'n lang siekebed... Die oom, het ook groot seergkry geken, aangesien sy
sielsgenoot, met sy beste vriend weggeloop het... Hulle het dus in mekaar
vriende gevind - iemand wat 'n stukkie van hul pyn verstaan het, maar ook
iemand wat 'n vriend kon wees teen die alleenheid... Die oom het egter pankreas
kanker gehad... Die een karakter vra toe die tannie, HOE kan sy haarself deur
hierdie pyn vir 'n tweede keer in haar lewe kon sit? En sy antwoord hom toe met
die volgende aanhaling: "A moment, a single moment of true joy, is more
powerful than a lifetime of sorrow..."
Ek stem saam met
haar... Ons lewe partykeer sulke "beplande" lewens... Dit moet op
hierdie tyd gebeur, en as dit nie op die spesifieke tyd plaasvind nie, is ons
hele roetine omver gegooi, en is dit sommer 'n slegte dag... God seën ons baie
keer SO RYKLIK, sonder dat ons dit eens besef, met die "onbeplande"
dinge wat ons pad kruis... Ons moet partykeer net LEEF, sonder om terug te hou,
en LEEF sonder om heeltyd ons harte te beskerm teen die "wat asse"van
die lewe... Ons is mos baie vinnig om 100 verskonings uit te dink oor hoekom
sommige dinge nie sal werk nie, eerder as om net die LEWE ten volle te lewe...
Bid dat God jou hart sal oopstel om VREUGDE in alle volheid te ervaar... Dat jy
sal oorborrel met lewensvreugde, en dat dit sal wees omdat God die middelpunt
van jou bestaan is, die rots waarop jou lewe gebou is, en dat jy Sy seën
daagliks in jou lewe - in die klein goedjies! - sal raaksien!! Ons moet ten
minste elke dag 1 iets van God se grootheid en seën in ons lewens raaksien,
voordat ons saans ons kop neerlê! Partykeer is dit iets waaraan jy jouself moet
herinner as die negatiwiteit die oorhand kry... Jou Pa is GROTER as vrees - Hy
het dit aan die kruis oorwin... Onthou dit, wanneer vrees jou weer probeer ore
aansit :) WAAG bietjie - al kry mens seer in die proses, gaan jy stories hê om
te vertel - bewyse van 'n VOL lewe... Doen wat jou GELUKKIG maak en spandeer
tyd saam met mense wat positiewe impak het tot jou lewe... Nie mense wat jou
seermaak, of moenie dinge doen wat jy "verplig" voel om te doen nie -
die lewe is te kort daarvoor!! As mens nooit foute maak nie, kon jy netsowel
nie gelewe het nie... En soos ek jou al voorheen gesê het - 'n fout is net 'n
fout as jy dit nie kan regmaak nie...
baie blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment