Thursday 19 February 2015

“Esther was an orphan before she became a queen… God is able to take your “was” and cause it to “become” what He saw in the beginning…” ~ ChristiRenea

Haloes! J

“Esther was an orphan before she became a queen…  God is able to take your “was” and cause it to “become” what He saw in the beginning…” ~ ChristiRenea

2 Timothy 1:7

“God has not given us a spirit of fear, but of power and of love and of a sound mind…”

1 Samuel 7:12

“Then Samuel took a stone and set it up between Mizpah and Shen. He named it Ebenezer, saying, “Thus far the Lord has helped us…”

“There’s no reason to look back when you have so much to look forward to…” ~ Unknown

“God sometimes removes a person from your life for your protection…  Don’t run after them…” ~ Rick Warren

Hoe cool is hierdie quote van Esther nie?? Dit is vir my absoluut ongelooflik hoe God ‘n situasie wat in ons oë baie keer lyk of dit “sleg begin” kan verander in iets wat “mindblowing” is – partykeer heeltemal te groot om te verstaan!  As ek dink aan enkele ander karakters – Moses wat in ‘n biesiemandjie was, wat deur Farao se dogter “as’t ware uit sy benarde situasie (al die nuutgebore seuntjies moes doodgemaak word op aandrang van die Farao) gehaal het, en om as “royalty” grootgemaak het…  Hy is al deur God gekies toe hy nog ‘n babatjie was…  Sy lewe kon soveel anders uitgedraai het, as God Hom nie uit sy omstandighede gered het nie…  Dieselfde is waar vir Rut…  Sy het alles verloor wat sy gehad het, maar haar liefde vir haar skoonma, het gemaak dat sy nie aan haar eie behoeftes gedink het nie…  Sy het besluit om by haar skoonma te bly, en God seën haar met guns en liefde van Boas…  Daniël, vir wie God in ‘n leeukuil bewaar het, deur die leeus se bekke toe te hou…  Noag vir wie God gebruik het, en bewaar het in die sondevloed…  En so ook Josef – wat deur sy broers in ‘n put gegooi is, en verkoop is – gebruik God om op die ou end uitkoms vir sy broers te bewerkstellig deur waar God hom geposisioneer het…

Miskien het jou jaar sleg afgeskop…  Miskien voel dit vir jou asof jy alreeds verloor het teen 2015…  Ek wil vir jou vandag kom sê dat die mense oor wie ek hierbo skryf, vir my en vir jou ‘n inspirasie moet wees vir die jaar wat kom…  Maak nie saak waar ons begin nie…  Maak nie saak HOE ons situasie lyk nie – God kan ons neem van ‘n posisie van mislukking, na ‘n posisie van oorwinning…  Al wat Hy van ons vra, is ‘n bereidwillige hart, en gehoorsame siel…  Dat ons sal luister na Sy stem en Sy wil vir ons lewe VOLUIT sal leef…  God kan ons “verleentheid” in ‘n geleentheid omskep…  Daar is nog net ‘n maand en ‘n half verby van hierdie jaar – jy is nog aan die begin van die race van 2015…  Moenie opgee nog voor jy begin het nie…  Sit jou lewe in God se hand, en laat Hom toe om die onmoontlike, moontlik te maak – deurdat jy jou hoop, en vertroue in Hom plaas…  Moenie staatmaak op mense, en hul opinies nie, maar bid gedurig… Plaas jou hand in God sin, en laat Hom toe om die swaar dinge wat jy so hard probeer dra, namens jou te dra…  Hy sal ‘n pad maak, daar waar jy net donkerte sien!

Blessings!

Anel xx

No comments: