Wednesday 18 February 2015

Paaseierprojek! Get involved... The time is NOW!

Hi julle awesome mense!

Soos reeds gekommunikeer - Paaseierprojek is terug!!  Reg om 'n GROOT verskil in baie lewens te maak!  Ek gaan poog om vir julle gereelde terugvoer te gee, oor hoeveel eiers ons al ingesamel het.  Ek wil 'n BAIE groot dankie se vir die wat reeds geld inbetaal het! Julle is HUGE blessings!!

Verder het ek vandag my eerste boks paaseiers gekry :) :) :) :) :)

Ekt soveel mense gehad wat gevolunteer het vir optelpunte.  Ek kommunikeer nou net die regions met julle - jy kan my kontak oor waar jy wil aflaai en ek sal jou met die regte mense in aanraking sit.

Ons het aflaaipunte (in werksure en na werksure) by meeste van die volgende:  Bellville, Brackenfell, Paarl, CBD - Kaapstad, Claremont, Canal Walk, Stellenbosch, Worcester, PE en Gauteng! Ons brei bietjie uit na die res van die land hierdie jaar... (BAAAAIE OPGEWONDE!!!)

Belangrik om te let - insamel tyd is tot einde Maart; pakkies kan self gemaak word / jy kan eiers skenk (marshmallow) of jy kan finansiele bydrae maak en ek sal namens jou gaan koop.

Bankdetails: 

Investec bank
A Hugo
10011253677
Branch: 580105
Ref: Jou naam & (Easter) (Ek wil graag weet vir wie om te bedank - so moet asb nie anoniem dit doen nie)
 
Optelgeleentheid:  As daar enige van julle is wat klaar wil aflaai Saterdag - laat my weet en ek sal julle ontmoet by Tygervallei, Saterdag oggend.  Andersins, maak kontak, en ek kan jou laat weet van een van die vele punte waar jy kan aflaai. 
 
Daag jou kollegas uit, en kom ons kyk hoeveel harte ons kan verbly hierdie Paasfees!!  Stuur die epos aan - aan wie jy ookal wil betrek - sal baie waardeer word!
 
blessings!
 
anel xx

No comments: