Tuesday 10 February 2015

“The master has failed more times than the beginner has even tried…” ~ Unknown

Haloes! J

“The master has failed more times than the beginner has even tried…” ~ Unknown

Zephaniah 3:17   

“The LORD your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness;   he will quiet you by his love;  he will exult over you with loud singing…”

2 Timothy 1:7 

“for God gave us a spirit not of fear but of power and love and self-control…”

“If I quit now, I will soon be back to where I started…  And when I started, I was desperately wishing to be where I am now…” ~ Unknown

“As we express our gratitude, we must never forget that the highest appreciation is not to utter words, but to live by them…” ~ John F. Kennedy

Ek dink ons almal kan aan iets dink wat ons al probeer het, en wat nie gewerk het nie…  Met ‘n eerste probeerslag, is ons nie gewaarborg van sukses nie…  En dit geld vir ELKE area van ons lewens…  Of dit nou studies, werk, verhoudings (romanties of gesin of vriende is), dis aan die begin van iets nuuts, gewoonlik ‘n uitdaging – iets waar ons baie leer, of het om te leer, en waar ons dalk nie met die eerste probeerslag sukses sal smaak nie…  Die belangrikste om te onthou – met enige nuwe uitdaging, is dat ons kan opgee met die eerste mislukking, of dat ons weer kan probeer…

Ek’t nou die dag gesit en dink hoe waar die aanhaling van Albert Einstein is: “Insanity – doing the same thing over and over and expecting different results…”  Die belangrike om hieruit te neem, is om nie op te gee wanneer iets nie uitwerk nie, of dalk anders uitwerk as wat jy sou wou hê nie – die belangrikste is om dit wat jy geleer het uit die situasie, te neem en die volgende keer, die uitdaging op ‘n slimmer manier aan te pak…  Wanneer ons dinge saam met God aanpak, doen ons dit gewoonlik met ‘n ander ingesteldheid en motivering, as wanneer ons dit op ons eie probeer…  Baie keer, raak ons so vasgevang in die sukses van iets, of sekere dinge wat ons in ons lewens wil hê – maak nie saak wie ons in die proses moet seermaak om daar uit te kom nie…  Touch base met God en bid vir Sy wil in jou lewe…  Moenie eendag, as jy dalk so gelukkig is om op die ouetehuis se stoep te sit, spyt wees oor die maniere wat jy gevolg het om te kry wat jy wou hê nie…  God weet wat Hy vir jou beplan, en ek glo werklik dat dinge altyd uitwerk soos dit moet…  Moenie iets probeer forseer, sodat jou wil of iemand anders se wil vir jou lewe bewaarheid kan word nie…  Maak seker dat jy GELUKKIG is in dit waar jy jouself bevind…  Dit wat jy elke dag aanpak…  Lewe is te kort om ongelukkig te wees!!!  Maak seker jy gryp elke geleentheid…  Vat jou Hemelse Pa se hand…  Hy sal dit wat Sy wil vir jou lewe is, laat uitwerk – soos en wanneer dit moet!!

Blessings!

Anel xx

 

 

No comments: