Monday 23 February 2015

“When something goes wrong in your life, just yell, “plot twist!” and move on…” ~ Unknown

Haloes! J

“When something goes wrong in your life, just yell, “plot twist!” and move on…” ~ Unknown

Genesis 39:21

“The Lord was with him; he showed him kindness and granted him favor in the eyes of the prison warden…”

Isaiah 40:30-31

“Even youths grow tired and weary, and young men stumble and fall; but those who hope in the Lord    will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”

“When asked, how they managed to stay together for 65 years, the woman replied, we were born in a time where if something was broke you fix it, not throw it away…” ~ Unknown

“Success is not measured by what you do compared to what others do…  It is measured by what you do with the ability God gave you…” ~ Zig Ziglar

Het jy al ooit iets gereël wat totaal en al anders uitgedraai het as wat jy ooit sou kon hoop of droom?  Ons was een aand oppad Burgge toe uit Amsterdam…  Dit was ons heel eerste “toer” en ons was baie opgewonde J  Ons het die Vrydagaand op die laaste trein uit Amsterdam vertrek, en sou moes oorklim in Antwerpen…  Die kondukteur het ons gewaarsku dat daar ‘n baie klein “window of opportunity” was om treine te wissel – en dat indien ons die trein op Antwerpen mis, daar eers die volgende oggend weer ‘n geleentheid sou wees…  Ons het lekker gesels, gebond en gelag op ons treinrit…  Ons een vriendin, is badkamer toe, net voordat ons by ‘n stasie intrek…  Ons het egter gedink dat ons nog ‘n halfuur het voordat ons by Antwerpen sou uitkom…  Ons was seker so 3minute in die stasie, toe een van ons mede-travellers agterkom dat ons actually by Antwerpen was! Almal het begin skarrel – hulle het sakke gegryp, en ek moes ons vriendin gaan soek…  Ekt met alles in my gehardloop, my vriendin gekry, en ons is van die trein af…  Toe ek op die roltrap kom, sien ek dat almal se sakke daar was behalwe myne! Ek moes terughardloop trein toe, my sak kry, en afkom voordat die trein weer sou vertrek (na wie weet waarheen!)  Eks in rekordtyd op en af, en het my sak darem gekry voordat die trein vertrek het.  Ons het egter by ons aansluitingstrein aangekom net soos wat hy uit die stasie vertrek het (met ons een vriend reeds op hom!)  So daar was ons, 3 meisies en 1 ou (die ander ou op die trein), gestrand in Antwerpen op die stasie…  Geen verblyf geboek, half 12 op ‘n Vrydagaand, in ‘n totale vreemde plek…  Dit sou baie maklik gewees het om negatief te wees (dit was verseker tussen van die lede so J J vir ‘n rukkie), maar ons het baie vinnig die snaaksheid in die sitausie raakgesien J  Dit was ons “plot twist” en defnitief iets wat ek vir die res van my lewe, met ‘n glimlag sal onthou!  Ons het op die ou end blyplek gesort naby die stasie en toe sommer ook ‘n deel van Antwerpen beleef!

Wat wil ek hierdeur sê…  Ons lewens gaan 99% van die tyd nie uitwerk soos wat ons dit beplan het, of soos wat ons altyd sal wil hê nie…  Daar gaan tye wees waar ons sal moet stop, “plot twist” aanvaar, en aanbeweeg…  Een iets wat ek laas week aan iemand gesê het, en wat ek absoluut met oortuiging glo, is dat God mens altyd laat opeindig daar waar Hy jou wil gebruik, en daar waar jy ‘n absolute verskil kan maak!  Hy bring die regte mense, op die regte tye oor jou pad, en Hy sal sorg dat jy die ultimate seën in jou lewe sal ontvang, wanneer jy Hom toelaat om te kies!  Moenie bang wees vir die wat-asse van die lewe nie…  As ‘n “plot twist” oor jou pad kom – embrace dit met ‘n glimlag, maar maak seker jy LEEF elke oomblik wat aan jou geskenk word…

Blessings!

Anel xx

No comments: