Tuesday 17 February 2015

gebedsversoeke...

Hi julle awesome mense!

Bid asb saam vir die onderstaande...

blessings!

anel xx

Anoniem 1: Ek is moedeloos gesukkel. Bid asb saam met my vir my seun wat gedragsprobleme het. My man en ek wil nie net laat gaan nie. Ons wil vertrou vir 'n wonderwerk. Baie dankiexx

Anoniem 2:  Daar het die verskriklikste ding met ons familie gebeur Saterdag oggend.
My ma se jongste suster bly by haar jongste dogter in JHB. My niggie is getroud met die man van haar drome. Hulle het 'n pragtige seuntjie wat hierdie jaar vier word. Hulle baba dogterjie het 22 Januarie een jaar oud geword. Die pragtigste klein engeltjie. My niggie het perongeluk vir haar dood gery Saterdag oggend. My familie is stukkend en aan skerwe. Haar man is 'n Jood maar hulle glo nie in God nie of so iets. My Tannie wat by hulle bly is diep gelowig. Haar oudste dogter en haar man is ook gelowig. Bid asb dat almal van hulle Jesus se liefde en vrede sal ervaar in hierdie verskriklik moeilikke tyd. Ek bid dat Jesus se naam verheerlik sal word en dat sy koningkryk sal kom in hulle lewens.

Anoniem 3:
Ek wil vra dat jul Bid vir my dogter Bianca  en Haar seuntjie Divan Bianca het Fit gehad Maandag en was in Hoësorg eenheid vir paar dae   Haar seuntjie is   die 10/02.2015 gebore met keisersnee en dankie alles het goed afgeloop  maar hul  is steeds in die Hospitaal  Daar word daagliks op Hom toetse gedoen en het ook al”’ Lumberpunch”” gehad al wat ons weet is dat dit iets met Sy Lewertjie te doen het Vra dat Jesus Hom sal aanraak en gesond maak en dat hul spoedig Huis toe sal kom.Dankie vir die dokters wat alles doen en vertrou dat Hul deur God wysheid en genade sal kry vir die werk wat hul elke dag doen  en Dankie vir wat hul vir Bianca en Hom gedoen het tot nou
Baie Dankie

No comments: