Monday 16 February 2015

"I am not what happened to me, I am what I choose to become..." ~ Carl Jung

Haloes! J

“I am not what happened to me, I am what I choose to become…” ~ Carl Jung

Proverbs 3:25-26

“Have no fear of sudden disaster or of the ruin that overtakes the wicked, for the Lord will be at your side and will keep your foot from being snared…”

Isaiah 41:9-10

“I took you from the ends of the earth, from its farthest corners I called you. I said, ‘You are my servant’; I have chosen you and have not rejected you. So do not fear, for I am with you; do not be dismayed, for I am your God.  I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand…”

“Your time is limited, so don’t waste it living someone else’s life…” ~ Steve Jobs

“My grace is all you need…  My power works best in weakness…” ~ 2 Corinthians 12:9 NLT

Hoe baie keer blameer ons nie ons omstandighede vir waar ons is nie…  Dat dit ons omstandighede se skuld is, omdat ons sekere dinge nie kan doen nie, of ons omstandighede is wat maak dat ons sit waar ons sit…  Baie van ons lewe gaan oor hoe ons reageer op dit wat met ons gebeur…  Daar is altyd twee keuses – om te bly lê wanneer ons platgeslaan word, of om te fight and to give it all we got!  Maar partykeer, veral wanneer ons moeg is, voel dit vir ons dat die branders wat konstant ons kant toe kom, ons gaan laat verdrink, en dat ons fisies net nie meer die krag het om te kan opstaan en veg nie…  Baie van wat met ons gebeur hang af ons ingesteldheid – positiewe denke of negatiewiteit…  Met ‘n positiewe gemoed, kan mens baie meer bereik, as wat jy net ingestel is op alles wat sleg en donker is in die situasies waarmee ons gekonfronteer word…

Want, soos elkeen van ons weet – daar is in ELKE liewe dag GOEIE en SLEGTE dinge wat gebeur…  Ons kan op ‘n hopie gaan sit wanneer die dinge begin verkeerd gaan, maar soos ek al baie gesien het – wanneer jy begin fokus op dit wat verkeerd gaan, raak dit baie keer al wat mens raaksien…  In elke slegte dag, is daar steeds dinge om voor dankbaar te wees – al voel dinge HOE donker…  Ek dink ons kla baie keer, baie vinniger as wat ons sal dankie sê vir dit wat ons wel het…  Ek’t ‘n getuienis geluister van iemand vanoggend, en die persoon het vertel hoe swaar dinge in haar lewe gegaan het, en hoe sy elke oggend by God gekla het wanneer Sy opgestaan het…  Oor dit wat verkeerd was, dit wat God toegelaat het in haar lewe…  En Sy vertel hoe sy die een oggend weer wou begin kla oor die feit dat sy moes werk toe stap (syt nie 'n motor gehad nie), toe God aan haar gesê het – begin net vir my dankie sê vir HOE ek vir jou sal voorsien…  Sy vertel hoe sy haar ingesteldheid begin verander het, deur vir God te dank vir dit wat sy wel gehad het…  Twee weke later, het iemand aan haar ‘n motor geskenk gegee…  Ek wil vir jou en myself uitdaag, dat ons in die week wat kom, nie sal bid met ons ellelange versoeklyste nie – maar dat ons, ons gebede sal verander deur gebede van “dankie sê” te raak van dit wat ons WEET God in ons lewens gaan doen!!  Kom ons begin leef met verwagting – NIKS is vir ons Pappa onmoontlik nie!  Moenie toelaat dat die duiwel jou konfronteer met ‘n lys van “wat-asse” of “moontlikhede van wat verkeerd kan gaan nie…”  God is in beheer…  Hy sal sorg!

Blessings!

Anel xx

No comments: