Monday 9 February 2015

“When life gives you more than you can stand, kneel…” ~ Unknown

Haloes! J

“When life gives you more than you can stand, kneel…” ~ Unknown
 
Exodus 14:14

“The Lord will fight for you, and you can be still…”

Mark 10:52 

“And Jesus said to him, “Go your way; your faith has made you well.” And immediately he recovered his sight and followed him on the way…”

“Don’t let people’s compliments go to your head and don’t let their criticisms go to your heart…” ~ Unknown

“Stop overthinking, you’re only creating problems that aren’t there…” ~ Unknown

Ekt verlede week by die kerk een van die COOLSTE getuienisse NOG gehoor, so ek wil dit bitter graag met jou deel…  Daar lê vir elkeen van ons GROOT waarheid, en lesse hierin opgesluit…  Die pastoor het vir ons ‘n video clip gespeel van ‘n meisie wat haar getuienis gelewer het…  Sy’t vertel hoe sy iemand wat baie spesiaal was vir haar, verloor het toe sy 12 jaar oud was…  Sy het ongelooflik gesukkel om sy dood te verwerk, soveel so, dat sy haarself na dwelms gedraai het vir uitkoms…  Sy het vertel hoe haar afhanklikheid daarna net al hoe meer toegeneem het…  Sy’t haar ouers so teleurgestel dat hulle niks meer met haar te doen wou hê nie, syt gesteel ten einde te kon dwelms koop, leuens vertel ect…  Sy vertel hoe sy op 20 jarige ouderdom, niks meer oorgehad het om te verkoop nie – behalwe haar liggaam…  En hoe sy, die naweek voordat sy dit wou begin doen, geweier is deur haar dwelmhandelaar om verder dwelms te ontvang…  Sy vertel hoe sy die aand huis toe is, en dat die hele huis in donker en stilte gehul was…  Sy het musiek aangesit, en ‘n stem het by haar opgekom wat gesê het – “that’s right, choose your funeral music…”  en verder, “niemand is lief vir jou nie – nie eens jou ouers nie…”  Sy’t vertel hoe sy begin “uitfreak” het oor hierdie boodskappe, en hoe sy na haar ouers se kamer gehardloop het…

Haar ouers het gedink dat sy weer besig was om te “OD” aangesien sy al ‘n paar keer in die hospital gedraai het as gevolg van haar dwelmverslawing…  Haar ouers wou die hospital bel, maar sy het geweier…  Sy sê dat sy nie weet hoe dit gebeur het nie, maar sy’t vir haar ma gesê dat sy moes bid vir haar…  Sy het gesê dat sy die gevoel gekry het dat iemand in die kamer ingekom het, en hoe sy warm begin geraak het…  Dit het gevoel asof iemand haar aanraak…  Daardie aand was vir haar ‘n draaipunt in haar lewe, want sy het vir Jesus Christus aangeneem as haar Saligmaker…  Sy sê dat haar dwelmverslawing daardie aand gebreek is…  2 maande later het hulle foon gelui, en ‘n ongelowige vrou was aan die anderkant van die lyn…  Sy’t gesê dat sy van die meisie en haar storie gehoor het, en dat hulle nie gelowig is nie, maar dat hulle in dieselfde situasie sit met hulle seun…  Hulle het al alle hoop verloor, en is oop vir ENIGE iets wat moontlike uitkoms kan bring…  Sy wou weet of die meisie sou omgee om met haar seun te kom praat…  Die meisie het gegaan, en vir die Seun vertel dat Jesus haar genees het…  En dat as HY dit vir haar kon doen, kon Hy dit vir enige iemand doen…  Die video gaan toe af in die kerk, en die pastoor kom toe uit deur te sê – die “seun” met wie sy gaan praat het, was ek…  Dit was SO treffend!  Hy vertel hoe hy gehoor het, en nog twee maande het verbygegaan waar hy voortgegaan het met sy lewe soos altyd…  Een aand in ‘n klub, was hy besig om te OD – en hy sê hy kon al sien hoe hy die dood tegemoet stap…  Hy’t tot God gebid en vir Hom gevra om hom te red – en dat hy dan sy lewe daaraan sou wy om God se woord te verkondig…  Sy boodskap aan ons was dat “1 can make a difference”…  Jy hoef nie alles uitgewerk te hê nie – jy moet net bereidwillig wees…  God WIL elkeen van ons gebruik, NES ons is…  Al wat Hy vra, is dat ons ‘n bereidwillige hart moet hê…

Blessings!

Anel xx

 

No comments: