Tuesday 17 February 2015

“Don’t get so busy that you miss out on the new things right in front of you…” ~ Victoria Osteen

Haloes! J

“Don’t get so busy that you miss out on the new things right in front of you…” ~ Victoria Osteen

2 Corinthians 12:9

“But he said to me, “My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.” Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ’s power may rest on me…”

Daniel 10:19

“Do not be afraid, you who are highly esteemed,” he said. “Peace! Be strong now; be strong.” When he spoke to me, I was strengthened and said, “Speak, my lord, since you have given me strength.”

“You have to be odd to be number one…” ~ Dr Seuss (This changed me)

“You are never too old to set another goal or to dream a new dream…” ~ C.S. Lewis

Het jy al iets probeer skuif wat ongelooflik swaar is?  As mens geen krag in jou arms het nie, gaan dit ‘n baie groot uitdaging wees om iets geskuif te kry wat nie wil beweeg nie J  Iemand het nou die dag ‘n mooi beeld gebruik – ‘n motor wat afgeskakel is gaan jy nie sommer beweeg kry nie…  Jy gaan wat kan probeer, maar sonder die sleutel in die aansitter, gaan die motor heel waarskynlik op een plek bly…

Hoekom skryf ek sulke goed??  Want vir ons om iewers te kom in die lewe, moet ons “effort” insit…  Ons moet bereid wees om die sleutel te draai, en te beweeg…  Mens kan nie vir iemand rigting gee (raad, of hulp aanbied) indien die persoon nie bereid is om uit hul omstandighede te beweeg nie…  Dis baie maklik om omstandighede die skuld te he, en te bly vaskyk in als wat verkeerd is, eerder as om ‘n poging aan te wend en ‘n verskil te probeer maak in die wêreld…  Vir ons om iewers te kom, moet ons begin!  En deur die proses gaan…  Die lewe werk ongelukkig nie so dat mens net ‘n knoppie kan druk, ten einde by die “gelukkige einde” uit te kom nie…  Dit verg somtyds dat ons moeilike tye moet deurmaak, hard moet werk, pyn moet verduur, ten einde te sien tot wat ons in staat is deur God wat aan ons die krag gee…  Ons wil baie keer net hê ons omstandighede moet verander, sonder dat ons hoef te verander…  Maar realiteit is, wanneer ons deur moeilike tye gaan, shape dit ons op so ‘n wyse dat ons veranderd uit die situasie stap…  Dis in moeilike tye wat ons gewoonlik opnuut besef dat ons nie sonder God kan of wil stap nie…  Datons uithouvermoë partykeer “lack” en dat Hy ons rots is op wie ons kan staatmaak – ALTYD…  Moenie so gefokus raak op dit of daar waar jy jouself bevind, dat jy uitmis op als wat God vir jou wil hê hierdie jaar nie…  Al wat Hy vra is dat jy Sy hand sal vat, Hom sal vertrou en dat jy sal BEWEEG!  Moenie dat jou situasie jou inperk nie – laat toe dat God jou horisonne sal skuif deur Sy blessing in jou lewe…  Leef met AFWAGTING!  Met oop hande, deur die dinge wat jy so vasklou te los, en reg te wees vir dit wat God vir jou het!

Blessings!

Anel xx

 

No comments: