Sunday 22 February 2015

“Just because you don’t look like the other crayons in the box, does not mean that you still can’t make the most beautiful pictures…” ~ Unknown

Haloes! J

“Just because you don’t look like the other crayons in the box, does not mean that you still can’t make the most beautiful pictures…” ~ Unknown

Matthew 28:20

“And surely I am with you always, to the very end of the age.”

2 Corinthians 6:2

For he says, “In the time of my favor I heard you, and in the day of salvation I helped you.” I tell you, now is the time of God’s favour, now is the day of salvation…”

“When you stop chasing the wrong things, you give the right things a catch you…” ~ Unknown

“One of the happiest moments ever is when you find the courage to let go of what you can’t change…” ~ Unknown

Ek weet nie wie van julle al oor ‘n vloer geloop het wat pas blink gewas is nie? Dit het laas week met my gebeur…  Ek’t vroeg by die werk gekom, en die skoonmaker was besig om die vloere blink te was (in die gang wat vanaf ons parkeergarage loop)…  Ek probeer gewoonlik altyd ‘n alternatiewe roete kry as iemand besig is met die vloere – maar hy was so vriendelik so vroegoggend! En terwyl ek so loop, sien ek dat daar reeds meer as een persoon voor my oor die blink vloere is…  Want ek kon die verskillende voetspore uitmaak…

Dit het my sommer laat dink aan die lewe…  Elkeen van ons “stap” daagliks op ons lewenspad…  Maar soos ons skoengroottes, asook die skoene wat ons dra, verskil, so verskil die pad wat elkeen van ons stap ook…  Ons het op ‘n spanbouwegbreek so ‘n speletjie gespeel waar jy jou lewe moes “plot” met hoogtepunte en moeilike tye (werk / persoonlik), met soveel detail soos wat jy wou deel…  Ek moet sê dat dit gehelp het, sodat elkeen van ons, ons kollegas in ‘n baie ander lig kon sien…  Dit help om ander te verstaan, wanneer mens jouself in “hulle skoene” kan “imagine”…  Want baie “giants” wat ons moet face, sal jy werklik eers verstaan as jy SELF al in ‘n soortgelyke situasie was…  Mens kan nie assosieer met iemand, voordat jy nie ‘n myl in hulle skoene geloop het nie…  As daar nou een mens is, wat met elkeen van ons kan assosieer, is dit God…  Want Hy het elkeen van ons se pyn, lyding en sonde op Hom geneem, en vir elkeen van ons aan ‘n Houtkruis betaal…  Ek weet nie waar jy jouself vandag bevind nie – maar ek wil jou verseker dat jy nie alleen is nie…  God is by jou…  Hy sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie…  Maak seker dat die spore wat jy trap, ‘n verskil maak in die wêreld daarbuite…  Moenie opgee omdat die situasie, of spore wat jy huidiglik trap, alles weerspieël wat verkeerd met die wêreld is nie…  God sal jou situasie gebruik, sodat jy dit uiteindelik as ‘n getuienis kan gebruik – om ander te help deur moeilike tye, om inspirasie te wees vir die mense wat voel asof hulle nie meer verder kan stap nie, en om voetspore te trap wat impak sal maak…  Mag God jou ryklik seën vandag!

Blessings!

Anel xx

No comments: