Thursday 12 February 2015

PAASEIERS = BACK!

Hi julle awesome mense!

Paasfees is om die draai, en dit druk op my hart dat ons moet uitreik aan die wat minder as ons het, en saam met die uitreik, sommer 'n stukkie van God se liefde te versprei!

Ons samel in:  Die marshmallow paaseiers (nie enige iets anders nie - want die kinders verstaan nie as hulle nie almal dieselfde kry nie).  Hierdie jaar, is julle welkom om self ook pakkies te maak (sou jy wou).  Dis 'n deurskynende plastiek sakkie (soos 'n toebroodjie sakkie), met 3 paaseiers in, die briefie wat ek aanheg, met 'n lind om die sakkie.  Julle is ook welkom om net die eiers af te lewer (by die optelpunte wat ek sal kommunikeer).

Vir nou:

1. Laat weet my of jy betrokke sal wil wees. (Ek soek mense wat bereid is om optelpunte te wees regoor die Kaap - Somerset Wes, Stellenbosch, Paarl ect - ek sal dan met julle reel om by julle op te tel).  Die van julle wat in ander plekke van die land bly, wil ek uitdaag om ook deel te neem.  Julle kan volunteer van die ander plekke af - en ons kan dan in kontak wees (om uit te vind hoeveel julle ingesamel het ect).
 
2. Laat weet my asb of jy bereid sal wees om saam met 'n groepie vriende te gaan uitdeel. Ek sal julle dan toewys aan 'n ouetehuis / kinderhuis.

3. Daag die mense by julle werksplekke uit om by te dra!  Ons het die vorige keer wat ons die projek aangepak het, 30 000 eiers ingesamel - wat beteken dat 10 000 mense 'n pakkie vir paasfees ontvang het!

4. Vir die van julle wat finansiele bydraes wou maak:

Investec bank
A Hugo
10011253677
Branch: 580105
Ref: Jou naam & (Easter) (Ek wil graag weet vir wie om te bedank - so moet asb nie anoniem dit doen nie)

Mag God julle ryklik seen in hierdie tyd voor Paasfees, en mag ons deur hierdie projek Sy hande en Voete op hierdie aarde wees!  My afsnydatum vir insamelings gaan laaste week in Maart wees - sodat ons die eerste week in April kan uitdeel (net voor Paasfees!)

blessings!

anel xx

No comments: