Tuesday 15 April 2014

“You will face your greatest opposition when you are closest to your biggest miracle.” ― Shannon L. Alder

Haloes! J

“You will face your greatest opposition when you are closest to your biggest miracle.” ― Shannon L. Alder

Psalm 16:5-8

“Lord, you have assigned me my portion and my cup; you have made my lot secure. The boundary lines have fallen for me in pleasant places; surely I have a delightful inheritance. I will praise the Lord, who counsels me; even at night my heart instructs me. I have set the Lord always before me. Because he is at my right hand, I will not be shaken.”  

Psalm 29:11

“The Lord gives his people strength.  The Lord blesses them with peace.” 

“Two roads diverged in a wood, and I—I took the one less traveled by, and that has made all the difference…” – Robert Frost

“You can never cross the ocean until you have the courage to lose sight of the shore…” –Christopher Columbus

“Die wêreld is deurtrek met lewende en nie lewende wesens wat oral spore los.  Besoedeling, diere, mense en selfs die weerpatrone laat ’n spoor. Spore dra baie inligting en wanneer dit reg ontleed word, is dit soos ’n identiteitsboekie en in sommige gevalle meer werd as ’n foto.   Spore kan egter ook nadelig wees.  Daar is ’n duin ’n entjie van ons huis af wat toegespan moes word, omdat mense die plante op die duin doodgetrap het. Die spoor wat daar gelaat is, was tot nadeel van die omgewing.  Net so laat die lewe sy spoor op ons.  Party van ons dra fisiese letsels wat ’n storie vertel, maar die meeste van ons dra die spore, wat die lewe op ons gelaat het, diep aan ons binnekant.  Hierdie spore is soms dekades oud maar die  impak wat dit gemaak het word steeds elke dag weerspieël in ons keuses.  Jak de Priester het in 2007 ’n liedjie geskryf vir sy meisie met die naam: Die liefde los ’n spoor. Die meeste van ons weet dat liefde nie net altyd mooi spore laat nie, maar dat daar oneindige skade gedoen word in die naam van liefde.  Die wêreld gebruik baie keer die baadjie van liefde om selfsug, afguns, haat, jaloesie, wellus en nog baie ander slegte dinge weg te steek. Daar is egter net een perfekte liefde en dis in en deur God.  God se hele wese is liefde.  Hy het ons lief, nie oor wie ons is nie, maar oor wie Hy is.  God het vir Jesus gestuur sodat die wêreld kan sien hoe liefde lyk…” ~ Uittreksel uit ‘n stuk geskryf deur Rosa Duvenhage (Forward email)

Ek weet nie watter spore die nuutste toevoeging tot jou lewe is nie?  Of dit iets is wat by jou werk gebeur het, siekte wat dalk by jou lewe ingestap het, vriende wat jou seergemaak het, of ‘n liefdesverhouding wat op die rotse geloop het…  Al hierdie dinge het een ding in gemeen – VERANDERING…  En as jy nie saam met die dinge wat verander, verander nie – bly jy baie vinnig agter…  Dit kan vir jou voel asof almal van jou vergeet het – of jy niks meer oor het om voor te lewe nie…  Want wat is die PUNT??  Van al die hartseer, van al die seerkry??  Ek dink dit is ‘n baie klein weerspiëling van hoe Jesus moes voel, net voordat Hy gekruisig is…  Maar Hy het GEWEET dat daar ‘n punt in al hierdie swaarkry van Hom was – sodat ek en jy ‘n LEWE kan hê – een in oorvloed! Al gooi die lewe die grootste curveballs na jou kant toe op hierdie dag, of in hierdie week – WEET dat God in beheer is…  Hierdie onderwerp aanhaling slaan vir my die spyker op die kop!  Want toe Jesus aan ‘n Houtkruis vasgespyker was (in Sy donkerste oomblik) was dit ook die draaipunt, aangesien die GROOTSTE wonderwerk plaasgevind het, toe Hy uit die dood uit opgestaan het, 3 dae na Sy Kruisdood…  Hierdie is ‘n absolute weerspieëling van dat NIKS, maar NIKS vir God onmoontlik is nie…  Moenie bang wees vir die “spore” in jou lewe wat jy nie kan verklaar, verwerk of hanteer op hierdie stadium van die geveg nie…  Jou Pa is die Koning van die Heelal, en Hy sal SORG vir wonderwerke, sodat die dinge in jou lewe in plek sal val, en alles vir jou ten goede sal meewerk…

Blessings!

Anel xx

 

 

 

 

 

 

 

No comments: