Tuesday 29 April 2014

"Om nie te kies nie, is om te kies..." ~ Anoniem


Haloes! :)
 
"Om nie te kies nie, is om te kies..." ~ Anoniem
 
Genesis 2:9;16 - 17
 
"The LORD God made all kinds of trees grow out of the ground--trees that were pleasing to the eye and good for food. In the middle of the garden were the tree of life and the tree of the knowledge of good and evil…  And the LORD God commanded the man, "You are free to eat from any tree in the garden; but you must not eat from the tree of the knowledge of good and evil, for when you eat from it you will certainly die…"
 
Psalm 25:12
 
"Who, then, are those who fear the LORD? He will instruct them in the ways they should choose…”
 
"Die lewensbestemming wat ons kies is belangrik, maar die keuses wat ons maak op pad daarheen, is nog belangriker, want hulle sal bepaal of ons daar uitkom..."  ~Frederick Speakman
 
"God gee die beste aan hulle wat Hom toelaat om te kies..." ~Anoniem
 
Keuses...  Dis iets waarmee ons daagliks gekonfronteer word...  Hierdie storie in Genesis, is waar alles begin het...  God het vir Adam en Eva die keuse gegee om van al die bome in die tuin te kon eet, en net die boom van goed en kwaad was vir hulle verbied...  Tog, deur die Satan se invloed, was hulle toe ongehoorsaam aan God, en het hulle gekies om vir God te ignoreer en hulle eie kop te volg...  Die gevolg was dat goed en kwaad 'n realiteit geword het - aangesien dit mos as die "sondeval" bekend gestaan het.  Dit was die begin van die wêreld wat ons vandag ken...  Die God wat ons dien, en wat ons Pa is, is 'n gentleman God...  Dis waarom Hy aan ons die vrye keuse gee oor hoe ons, ons lewens wil lei, en vir wie ons kies om te lewe...   Ek glo dat ons "lewensstorie" waaraan ons daagliks skryf, aanpasbaar is...  God bring sekere keuses oor ons pad, en elke keuse, sal jou dan op die volgende "hoofstuk" laat afstuur...  Wat daardie hoofstuk gaan wees, sal net deur jou bepaal kan word...  Onthou dat dit JOU lewe is...  Mens neem baie keer besluite om ander mense gelukkig te hou, of om "ander mense se drome" deur jou eie lewens te probeer verwesenlik of te lewe...  Dis baie keer wanneer jy bang is om foute te maak, dat jy maar eerder die raad van ander volg - of die paaie of dinge wat reeds beproef is - en wat jy dus weet, werk!  God het 'n spesifieke doel en plan vir JOU...  En die keuse lê by jou, of jy gaan kies om God se plan vir jou lewe te sien realiseer, en of jy jou eie plan gaan probeer verwesenlik...  Onthou - 'n wens, en 'n gebed is twee verskillende goed...  VERTEL God wat jou laat "tick"- bv, wat jou drome en ideale is...  Wat jou bangmaak, wat jou ook skepties maak om voluit te lewe...  Wat hou jou terug? 
 
 Wanneer ons bid vir God se wil in ons lewens, maak Hy daardie keuses partykeer bietjie makliker, deur aan ons op verskillende maniere - of deur Sy woord, of deur beantwoording van gebede deur ander menese, vir ons die pad aan te wys wat ons moet kies...  Ons het egter 'n vrye wil om te kan kies tussen wat reg en verkeerd is...  God se plan, is ook 'n plan van voorspoed, van seën, geleenthede en liefde...  Deur nie te kies nie, en bang te wees vir keuses, maak jy ook 'n keuse...  Mens vergeet partykeer dit...  Moenie dat besluite jou so bangmaak, dat jy op die ou end geen keuse maak nie...  Laat God jou wys watter weg, die weg van ultimate seën is - en ook dit wat Hy vir jou beplan, 'n waarheid kan word...  Wanneer jy met God praat oor dit wat jou bangmaak, raak die bang minder en God raak meer...  Ek weet nie wat jou vandag dalk mag pla nie...  Miskien moet jy uit 'n verhouding wat dalk net te gemaklik geraak het - maar jy weet dat dit nie is waar jy moet wees nie...  Of miskien is jy ongelukkig in jou studierigting, of in jou werk - dit vat boldness om 'n keuse te maak wat jou hele lewe kan verander...  Ek meet gewoonlik my besluite aan die volgende:   1.  Wat sê God se woord?;  2.  Het ek daaroor gebid, en het God al vir my bevestiging op 'n manier gegee?  en 3.  Het ek vrede in my hart na ek die besluit geneem het?  Daarna berus ek dat ek die regte besluit geneem het - want God is "ultimately" in beheer, en ek WEET, Hy sorg elke dag vir Sy kinders...   Soos Hy die natuur versorg, en die voëls in die lug - hoeveel te meer sal Hy nie vir my en jou sorg nie?  Elke dag as ek 'n voëltjie se gechirp hoor, weet ek sommer opnuut dat Hy elke oomblik van die dag, oor ons "wag"hou... J
 
Mag God jou ryklik seën vandag!  Mag jy SY liefde, en genade, in elke aspek van jou lewe ervaar...
 
Blessings!
Anel xx

No comments: