Monday 21 April 2014

"If you really want to do something, you’ll find a way. If you don’t, you’ll find an excuse..." - Unknown

Haloes! :)
 
"If you really want to do something, you’ll find a way. If you don’t, you’ll find an excuse..." - Unknown
 
Psalm 18:2
 
"The Lord is my Rock, my Fortress, and my Deliverer; my God, my keen and firm Strength in whom I will trust and take refuge, my Shield and the Horn of my salvation, my High Tower..."
 
Numbers 6:24-26
 
"The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you and be gracious to you; the Lord turn his face toward you and give you peace...” 
 
"'n Gholf stok in my hande beteken nie veel nie...  'N Gholf stok in Ernie Els se hande beteken 'n paar miljoen rand... Dit hang af in wie se hande dit is... 'n Stok in my hande kan gebruik word vir selfverdediging... 'n Stok in Moses se hande het die see geskei... Dit hang af in wie se hande dit is...  Twee vissies en vyf brode in my hande beteken 'n paar vistoebroodjies...  Twee vissies en vyf brode in God se hande beteken kos vir duisende... Dit hang af in wie se hande dit is... Met spykers in my hande kan ek 'n kassie bou... Spykers in Jesus se hande beteken Oorwinning en Verlossing vir die Hele wereld... Dit hang af in wie se hande dit is...  So sit jou bekommernisse, vrese, jou hoop, jou drome, jou familie, jou verhoudings - ALLES in God se hande... Onthou, dit hang af in wie se hande JY is... Jy is in God se hande!" - Forward SMS
 
Ekt die naweek die mooiste beeld gehoor by Onrus gemeente en ek kan nie anders as om dit te deel nie...  In die sirkus kry mens mos trapeze artists wat op op hul onderskeie swaaie hul toertjies uitvoer...  Tot die oomblik van die groot klimaks wat die een trapeze artist heeltemal hulle swaai los, spring, ten einde die hande van die ander trapeze artist te vang...  Die een wat op sy swaai bly, steek sy hande uit na die ander ene, veilig geanker in sy swaai... Die ander een, moet sy swaai "laat gaan" ten einde die hande van die ander persoon aan te vat...
 
In ons lewens is dit dieselfde as hierdie...  Ons kan nie vorentoe beweeg as ons nie bereid is om te laat gaan wat agter ons le nie...  God staan reg, met Sy arms uitgestrek na jou om jou te vang - maak nie saak WAT jy op hierdie oomblik face nie...  Soos hierdie gediggie hierbo - die waarde van iets in God se hande, is soveel meer as die waarde daarvan in ons hande... Want God stel ons in staat om soveel meer te bereik as wat ons kan hoop of dink, deur die krag wat Hy aan ons gee wat in ons werk...  Wat laat jou vandag nog vasklou aan jou swaai? Wat voorkom van jou om te "let go and let God?"  Moenie bang wees om die leap of faith te neem nie - maak nie saak wat jou met vrees vul nie, of watter berge van bekommernis voor jou le nie - God staan met uitgestrekte arms en wag om jou te help! Niks is vir Hom onmoontlik nie...   As jy sou val, sal Hy daar wees om jou op te tel...  Moenie bang wees om jou lewe in Sy bekwame hande te sit nie...  Hy laat dinge ALTYD uitwerk soos dit moet - wanneer ons dit die minste verwag :)  My gebed vir jou vanoggend is Numeri 6:24-26: "Mag die Here jou altyd seen en jou beskerm...  Mag die Here altyd tot jou redding verskyn en jou genadig wees...  Mag die Here, ELKE gebed van jou verhoor en aan jou Sy vrede gee..."
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: