Monday 28 April 2014

"Regret for wasted time is more wasted time…" - Mason Cooley

Haloes! :)
"Regret for wasted time is more wasted time…" - Mason Cooley
Psalm 34:5
“Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord…  Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is…”
Psalm 34:8
“Want die engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien en Hy red hulle…”
“Life is too short wishing you had done things differently…  No regrets…”  ~ One Tree Hill
"The bitterest tears shed over graves are for words left unsaid and deeds left undone…" - Harriet Beecher Stowe
Skillet (‘n Gospel band) sing ‘n liedjie – “One day too late”.  ‘n Uittreksel uit die liedjie is as volg:  Today...  I am going to try a little harder, gonna make every minute last longer, gotta learn to forgive and forget cause we don’t have long, got to make the most of it… Today, I am gonna love my enemies, reaching out to somebody who needs me… Make a change, make the world a better place, cause tomorrow could be one day too late… Time passes by, make the best of every moment, stop saving your best for last… 
Hierdie liedjie se woorde slaan vir my die spyker op die kop!  Hoe baie keer “hou ons, ons beste vir laaste?”  Ek dink baie keer leef ons nie ten volle nie, omdat ons soos die liedjie se – bietjie reserwes wil oor he, om ons aan die einde nog bietjie woema te gee…  MAAR, die rare waarheid is dat ons nie weet wanneer ons eindstreep aanbreek nie…  Vir elkeen van ons is dit op ’n ander plek getrek…  Jy lewe NOU…  En nie noodwendig oor 50 jaar nie.  Die tyd is NOU om daardie vakansie te vat wat jy al so lank uitstel…  Om vrede te maak met daardie persoon met wie jy woorde gehad het…  Om uiteindelik vir daardie persoon wat jou hart aangeraak het dit te sê…  Om vir jou geliefdes en spesiale mense in jou lewe te sê dat jy hulle liefhet!!  Om tyd te maak vir mense, en vir jouself – en balans in jou lewe te handhaaf…  Tyd te spandeer aan die dinge wat werklik saakmaak – nie die dinge wat jy MOET doen nie…  Ons is almal op geleende tyd – en ons het elkeen vandag…  ons moet dus die meeste van die GROOT GESKENK nl TYD maak…  LEEF!!  Nie VREES nie…  Just say YES…  Have NO REGRETS!!!  As jy nou al jou beste gee – sal God jou huidige beste, selfs nog beter maak vir die res van jou lewenspad…  Wees daardie iemand na wie ander sal opkyk en se – sjoe – X leef altyd 150%...  Ek wil ook so wees, en ’n verskil maak in die lewens rondom my…    Leef so dat jy ’n legacy sal agterlaat wanneer jy die aarde verlaat, en as ’n legend onthou kan word…
Blessings!
Anelxx

No comments: