Thursday 17 April 2014

gebedsversoeke en praise report!

More julle!

Mag jou dag en Paasfees BAIE geseend wees!

Bid asseblief saam vir die onderstaande.

blessings!

anel xx

Anoniem 1:  Jolene is vanoggend oorlede,bly asb vir haar man en kinders bid.Dankie

Anoniem 2: 
Wil net 'n gebedsversoek rig: ek begin more (17 April) met my eerste eindeksamen vir die jaar (finale jaar Medies) - die Surgery afdeling. Het 7 vakke, alles binne een week. Die stres is uiters groot en om als te kroon het ek gister begin siek raak. Ek wil asb vra dat jul sal bid - eerstens vir my gesondheid, en tweedens vir 'n bonatuurlike rustigheid en insig in die week wat voorle. 
Ek het al soveel getuienisse gehoor van hoe die Here faithful is en studente guns betoon in eksamens. Vertrou asb saam met my dat hierdie ook goed sal afloop.
Dankie by voorbaat vir die ondersteuning in gebed! 
 
Anoniem 3:  Dit gaan baie goed met Melissa! Sy lag en eet en voel goed. Sy kry maar nog haar down dae! Dankie aan almal wat bid! Dis lekker om te weet ons God werk!
 
Anoniem 4: 
Ek vertrou dit gaan goed. So ‘n tydjie terug het ek gevra vir gebed.  Ek wil net dankie sê vir almal.
Vrydag 11de April het ek my eksamen geskryf en ek het geslaag. All Glory to God. Ek is so bly. Terwyl ek studeer het en toe ek skryf was ek so rustig en het ek so ‘n bo natuurlike vrede ervaar. Wow!
Dankie Vader en dankie almal vir jul gebede en die Here seën julle. Mag julle ‘n wonderlike paasfees hê.
 
Anoniem 5: 
Ek wil asb vra dat almal saam sal bid vir ons land, misdaad en die komende verkiesing. Stellenbosch loop op die oomblik erg deur onder misdaad en net die afgelope week het ek van vele aaklige gebeure gehoor en ook self beleef met my bure. 

Ek wil ook bid vir almal wat die naweek op die pad gaan en wens almal 'n Geseende Paasfees toe.

No comments: