Monday 7 April 2014

“As I look back on my life, I realize that every time I thought I was being rejected from something good, I was actually being re-directed to something better…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“As I look back on my life, I realize that every time I thought I was being rejected from something good, I was actually being re-directed to something better…” ~ Unknown
 
Psalm 118:14-16
 
“The LORD is my strength and my song; he has become my salvation.  Shouts of joy and victory resound in the tents of the righteous: "The LORD's right hand has done mighty things!  The LORD's right hand is lifted high; the LORD's right hand has done mighty things!"
 
Psalm 34:19
 
Many are the afflictions of the righteous, but the LORD delivers him out of them all”
 
“To live is the most rarest thing in the world…  Most people just exist…” ~ Oscar Wilde
 
“Faith, is the bridge between where I am and the place God is taking me…” ~ Unknown
 
Ek dink nie daar is iemand van ons wat daarvan hou om “reject” te word nie…  En ek is seker dat meeste van ons al “rejection” gesmaak het…  Of dit nou was deur vriende se toedoen of miskien is jy ontneem van nuwe geleenthede soos byvoorbeeld ‘n nuwe werk of geleentheid waarvoor jy aansoek gedoen het, wat net nie in jou guns uitgewerk het nie…  Miskien het jy rejection gesmaak tydens die aflegging van jou studies… Jy’t dalk ure en ure ingesit het, en dit was dalk net nie genoeg gewees op die einde nie…  Miskien het jou lewensmaat of persoon met wie jy in verhouding was, jou “reject” en sukkel jy steeds om die stukke van jou hart bymekaar te maak…  Hoe dit ookal sy – dit hang net af hoe ons na hierdie gebeurtenisse in ons lewe kyk…  Elke liewe gebeurtenis, hoe hartseer, of pynvol dit ookal was, het van jou die mens gemaak wat jy vandag is…  Teleurstellings, hartseer en pyn kom baie keer oor ons pad, om ons elke keer wat so iets gebeur, bietjie sterker en sterker te maak, sodat ons wanneer groter dinge oor ons pad kom, ons in staat is om dit deur die genade en krag van Jesus te kan hanteer…
 
Iets wat ek uit die diepte van my hart uit glo en van kan getuig uit my eie lewe, is dat dinge ALTYD uitwerk soos dit moet…  God werk met ‘n plan…  En sommige “rejections” moet gebeur sodat ons, ons "seile" sal kan verander, en dat ons dan ‘n nuwe rigting kan inslaan…  Al wat ons nodig het, is geloof in God… Sodat ons deur ons GELOOF die brug kan oorsteek wat tussen ons rejection, en daar waar God ons wil gebruik en hê, lê (soos die anonieme aanhaling so mooi hierbo sê)...  Dis net nie noodwendig lekker gedurende die tyd wat ons, ons seile in ‘n ander windrigting moet draai nie…  Dis ook nie altyd maklik om ‘n ander rigting in te slaan wanneer jy binne in ‘n storm vasgevang is nie…  want soos julle weet, as dit sousreën en die wind waai, sal dit baie moeiliker wees om die seile van jou boot te kan beweeg…  Miskien voel dit tans vir jou of jy in die middel van die storm vasgevang is, en maak nie saak hoe hard jy probeer nie, jy kry nie jou seile “adjust” nie…  Miskien is jy getap van al jou kragte, en kan jy net nie fisies meer nie…  Ek wil vandag vir jou kom sê, sak af tot op jou knieë en sit jou hand in Jesus s’n…  Gee oor aan Hom, AL die dinge wat jy self probeer uitsorteer, wat jy self probeer dra en waarvoor jy net nie meer kans sien nie…  Hy is net ‘n gebed ver, en Hy staan REG om die stuur van die boot oor te neem…  God sal sorg vir uitkoms, en Hy sal sorg dat ‘n “rejection” net ‘n re-direction vir jou was – ten einde vir jou te seën met alles wat Hy vir jou het!
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: