Tuesday 1 April 2014

“Time is like a river… You cannot touch the same water twice because the flow that has passed will never pass again… Enjoy every moment of life…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Time is like a river…  You cannot touch the same water twice because the flow that has passed will never pass again…  Enjoy every moment of life…” ~ Unknown
 
Matthew 11:28-30
 
“Come to me, all who labor and are heavy laden, and I will give you rest. Take my yoke upon you, and learn from me, for I am gentle and lowly in heart, and you will find rest for your souls. For my yoke is easy, and my burden is light."
 
Psalm 27:1
 
“The LORD is my light and my salvation; whom shall I fear?  The LORD is the stronghold of my life;
 of whom shall I be afraid?”
 
“Sometimes the things we can’t change, are meant to change us…” ~ A woman of faith
 
“Die lewe is soos visvang…  Ons is soos ‘n visstok, party dae gooi die lewe jou hard, ander dae gooi die lewe jou hard, ander dae staan jy alleen in ‘n hoek, , party dae gooi die lewe jou hard, ander dae staan jy alleen in ‘n hoek, party dae breek jou lyn , ander dae sit jy vas op moeilike plekke..  Alles hang af van die persoon wat jou vashou, jou beheer en in wie se hande jy geplaas is…  Vertrou op die Here en terwyl Hy jou beheer sal Sy hand altyd daar wees en vir jou steun…” ~ Positiewe denke Facebook
 
Ek weet nie wie van julle al in ‘n rivier geswem het nie?  Dit kan of ‘n baie lekker ervaring wees, of een wat jy verseker nie sal wil herleef nie…  Daar is soveel faktore om in ag te neem – die rivier se stroom, die sterkte van die water, of die 100e verskillende organismes onder die water, wat saam met jou die water geniet J  Die lewe kan baie keer met ‘n rivier vergelyk word…  Want daar kom dikwels soveel uitdagings oor ons pad, wat soos ‘n rivierstroom is…  Ons het ‘n paar keuses  oor hoe om die uitdaging aan te pak…  Ons kan op die kant bly sit, en kyk hoe die water verbyvloei, totdat dit “veilig” lyk om in te klim…  Of ons kan voetjie vir voetjie insit, totdat ons lyf gewoond raak aan die veranderende temperatuur…  Of ons kan induik en die uitdaging probeer kafdraf…  Wanneer ons dan uiteindelik in die water is, kan dit dalk al ons krag en energie tap om te probeer bo bly…  Partykeer kan dit voel asof die uitdagings so groot raak dat ons “in over our heads” is en of ons afsak tot op die rivierbodem…  Miskien trap jy nou al vir ‘n tyd lank water…  Miskien is jou bene aan die brand, en is jy van alle kragte getap, en neem dit alles wat jy het om nog kop bo water te hou…  Of miskien sit jy nog op die rivierwal, en wag jy vir die regte oomblik om “in te klim”…  Neem vandag net ‘n tree terug – “float” bietjie en praat met God…  Gaan op jou knieë en vertel vir Hom wat aangaan in jou lewe…  Vertel Hom van die dinge waarmee jy sukkel, die dinge wat jou bang maak, en die dinge wat jou opgewonde maak!  God sal vir jou ‘n pad maak, soos wat Hy vir die Israeliete ‘n pad deur die rooi see gemaak het – so onmoontlik soos wat dit dalk vir jou mag voel…  God sal jou help om die nodige tree te gee wat jou moet gee, om die pad wat voor jou lê, met volharding te stap…  Hy is net ‘n gebed ver…
 
Mag jou dag gevul wees met God se mooiste seëninge!
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: