Thursday 10 April 2014

"Dance as though no one is watching you, love as though you have never been hurt before, sing as though no one can hear you, live as though heaven is on earth.” – Souza


Haloes! J

“Dance as though no one is watching you, love as though you have never been hurt before, sing as though no one can hear you, live as though heaven is on earth.” – Souza

2 Corinthians 4:16-18

“So we do not lose heart. Though our outer self is wasting away, our inner self is being renewed day by day. For this light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all comparison,  as we look not to the things that are seen but to the things that are unseen. For the things that are seen are transient, but the things that are unseen are eternal…”

Philippians 4:6-7

“Do not be anxious about anything, but in everything by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known to God. And the peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus…”

“Go confidently in the direction of your dreams. Live the life you’ve imagined.”– Thoreau

“Find out who you are and do it on purpose.” – Dolly Parton

Ek weet nie wie van julle hou van legkaart bou nie?  Ek en van my kollegas het nou die dag gesels, en een van my kollegas is baie lief daarvoor, terwyl ‘n ander een weer voel dat dit absolute tydmors is…  Dink gou aan ‘n 1500 stukke, ‘n pragtige chateau in Frankryk, of ‘n Franse Bistro, die Eiffel Tower ens – alles pragtige legkaarte met ‘n pragtige eindresultaat…  Die prentjie deel is gewoonlik makliker as die blou lug of bos deel wat ALTYD deel van ‘n legkaart is…  100e stukkies van dieselfde kleure, wat mens gewoonlik nie ‘n clue het op eerste oogopslag waar dit moet heengaan nie…  Dit verg behoorlike konsentrasie en tyd wat jy daar moet insit om die “bland” deel van die legkaart klaar te maak…  Dit mag dalk vir jou vir ‘n tyd lank voel asof jy geen vordering maak nie – maar sonder dat jy dit partykeer sal agterkom, maak jy vordering…  Totdat jy ‘n eendag ‘n pragtige prentjie as belonging van jou effort en tyd wat jy ingesit het sal hê…

Ons lewens is ook so…  Ons kan baie keer met baie ywer begin om uitdagings kaf te draf, of aan ons drome te werk – om dit waar te maak…  Maar wanneer daar tye kom wanneer dit voel asof ons geen vordering maak nie, kan dit baie keer moeilik raak om met dieselfde ywer, moed en krag dit aan te pak soos wat ons aan die begin gedoen het…  Dit kan partykeer voel soos ‘n doodloopstraat waarin ons vasgevang kan wees, en dit kan voel of daar GEEN alternatiewe roete is wat ons kan volg nie…  Dis so lekker vir my dan om sulke versekerings soos hierbo te sien, soos Fillipense 4:6-7…  Moet oor niks bekommerd of angstig wees nie – maar vertrou dit net toe aan God deur gebed…  Hy SAL dinge laat uitwerk soos dit moet…  Dis in hierdie tye wat ons moet volhard, wat ons moet deurdruk en vasbyt, wat mens die meeste van jouself leer…  Want baie keer gebeur dit, dat dit wat jy nooit gedink het jy sal kan doen nie – jy op ‘n dag net regkry, deurdat jy uitgehou, en aangehou het, en jou oog gevestig gehou het op God…  Hy wil net die beste vir jou hê – selfs is die pad partykeer baie moeilik en uitdagend om daarby uit te kom…  Waar jy jouself ook al bevind vandag – weet asseblief dat dit nie toevallig is nie…  God het ‘n plan daarmee, en Hy sal alles ten goede vir jou laat meewerk…  Een van my gunsteling aanhalings is – “everything will be ok in the end…  For if it is not ok, it is not the end…” ~ John Lennon

Blessings,

anelxx

No comments: